Health Care

Score0 (0 Votes)

Lam speentyd: spoormineraal oorwegings

 

Speentyd is 'n belangrike tyd in 'n lam se lewe. Skaapprodusente moet ag slaan op die belangrikheid wat voeding speel om stres te bestuur en die oorgang vir ooie en lammers te vergemaklik. Een van die belangrikste faktore wat skaapprodusente in hierdie tyd moet oorweeg, is die bestuur van spoorminerale by gespeende lammers. 

Die spoormineraalstatus van die neonatale lam hang van die oordrag van spoorminerale deur die plasenta en spoormineraal konsentrasies in die biesmelk af. Die spoormineraalvlak van die ooi kan 'n beduidende uitwerking op die lammer se gesondheid hê. Spoorminerale wat deur die plasenta en biesmelk ontvang word, word in die lam se lewer gestoor. Namate lammers groei, gebruik hulle die opgegaarde minerale wat tot 'n suboptimale spoormineraalstatus in die lammers tydens speentyd kan lei.

Die speen van lammers en die gevolge van skeidingspanning deurdie speentyd, kan lammers se voerinname laat daal en dan die opname van minerale vanaf weiding en ander bronne verkry, verminder. Dit kan 'n dramatiese effek op die groeiprestasie na speentyd hê en selfs die lam se langtermyn groeipotensiaal negatief beïnvloed, sowel as die reproduksieprestasie van vervangingsooie. 

Die spanning wat met speen gepaardgaan het ook 'n nadelige uitwerking op die immuunstelsel  van die lam en die dier word aan 'n verskeidenheid besmettings as gevolg van hantering, vervoer en saambly in 'n nuwe omgewing blootgestel. Subkliniese siektes kan steeds ondervind word ondanks die feit dat spoorelemente volgens NRC-behoeftes gevoer word, as dit met ander negatiewe stresfaktore gepaardgaan. Na speen betree die lammers 'n onbekende omgewing en word aan nuwe groepe blootgestel. Dit gaan waarskynlik met 'n vermindering in voerinname gepaard. Dit ontneem hul immuunstelsel van die spoorminerale wat benodig word om oksidatiewe stres te voorkom en 'n effektiewe immuunrespons te bewerkstellig. Spoorminerale speel 'n belangrike rol as antioksidante in ensiemstelsels, wat die oormatige produksie van reaktiewe suurstofspesies en die skade wat dit aan selle veroorsaak, teëwerk. 

Ons kan lammers tydens hierdie kritieke speenperiode met 'n inspuitbare aanvulling van spoorminerale help. Dit sal verseker dat hulle ‘n optimale vlak van spoorminerale het vir goeie produksieprestasie, immuniteit en groei. Die inspuitbare spoorminerale is 'n effektiewe manier om spoorminerale aan te vul wanneer die dier dit die nodigste het. Met die inspuiting van spoorminerale word antagonistiese reaksies in die rumen voorkom, en geen kommer oor mededinging van spoorminerale by absorpsie plekke in die spysverteringskanaal nie. Inspuitbare spoorminerale vergoed ook vir 'n moontlike afname in die inname van spoorminerale tydens die speentyd wanneer die lammers se voerinname verminder.

Maak seker jy gebruik 'n beproefde, getoetsde en betroubare, sowel as 'n gebalanseerde en effektiewe formulering van inspuitbare spoorminerale - gebruik Multimin®, die aanvulling wat u die versekering en gemoedsrus gee wat u en u lammers  gedurende die speentyd benodig! 

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more