Health Care

Score0 (0 Votes)

Bontbosluis - Amblyomma hebraeum

 

 

Amblyomma hebraeum ook ​​bekend as die Bont-bosluis vanweë hul helder gekleurde patrone op die skutum en gestreepte pote. Bontbosluise is groot met lang monddele. 

 

 

Lewensiklus:

Die Bontbosluis is 'n driegasheerbosluis wat beteken die larf, nimf en volwasse stadiums kom elkeen op verskillende diere voor. Die lewensiklus kan in gunstige toestande, binne 1 jaar voltooi word, maar in minder gunstige toestande kan dit oor 'n 3 jaar tydperk strek. 

Die wyfie bosluis lê 18 000 eiers. Die eiers kan tot 5 maande neem om uit te broei. Die eerste aktiewe stadium, die larf stadium heg aan die gasheer, voed vir 7 - 14 dae voordat hulle vervel na die volgende stadium (nimf stadium).

Die nimf , kan na vervelling vir 'n paar maande onaktief bly, wanneer hul aan 'n gasheer heg voed hul vir 7-14 dae. Die volgesuigde nimf val af en vervel na die volgende stadium , die volwasse bosluis. 

Die volwasse bosluis sal dan aan ‘n voorkeur gasheer heg en vir ongeveer 7-9 dae voed, afval en begin met eierlê proses.  




 

Aangehegtings punte:

  • Volwasse Bont-bosluise heg aan die haarlose dele van die liggaamsonderlyn nl. die lies, oksels, keelvel,  pens as ook aan die perineum en perianale gebied. 

  • Nimfe heg aan die pote, bene, lies en nek.

  • Larwes heg aan die pote, bene, neus en op die kop.  




Oordraging van siektes

Die Bont-bosluis dra Hartwater oor aan beeste, skape en bokke. Oordraging is stadium tot stadium wat beteken dat die infeksie deur die larwes of nimfe opgetel word wanneer hulle op 'n besmette dier voed en dan deur die daaropvolgende nimfe- en volwasse stadiums na 'n vatbare gasheer oorgedra word. 

Die Bont-bosluis dra ook die protosoë oor wat milde beestheileriose veroorsaak asook Rickettsia conori en Rickettsia africae, die oorsaak van bosluisbytkoors by mense is.

Die lang monddele veroorsaak ernstige bytwonde, wat dikwels sere vorm en geneig is om te sweer en absesse te vorm. Soms word die wonde besmet met maaiers van die beesbrommer.  




Beheer program

Bont-bosluise kom regdeur die jaar voor.

Dip diere strategies en gereeld om bosluisuitdagings te verminder. Kolbehandeling kan gebruik word deur slegs bosluis “aanhegtings” areas te spuit. 

In piek seisoene moet dipintervalle verhoog word om bosluisgetalle te verminder. Onthou altyd om die 5,5,4 dae dip interval strategie te gebruik wanneer bosluis uitdagings baie hoog is.

Amipor opgiet / MultiDip kan gebruik word om Bont-bosluise te beheer.

  

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

MultiDip

Read more