Health Care

Score2.3 (3 Votes)

Karoo-verlamming: Die Siekte- en Beheermaatreëls

Die Karooverlammingsbosluis (Ixodes rubicundus) is verantwoordelik vir verlamming by vee (beeste, skape en bokke) en verskillende boksoorte in sekere geografiese gebiede. Dit kan tot ernstige verliese lei. 


Verlamming vind vanaf Februarie tot Mei plaas, met die meeste gevalle in April of Mei. ‘n Skielike daling in temperatuur stimuleer die volwasse bosluise tot aksie. Hulle aktiwiteit neem vinnig toe, wat tot hoër infestasie en verlamming lei. Die duimreël is dat ongeveer 20 Karooverlammingsbosluise verlamming by 'n gemiddelde grootte skaap sal veroorsaak, ongeveer na 4 dae van voeding. Afhangend van die dier, is daar verskillende grade van verlamming wat strek vanaf swakheid in die agterste ledemate tot volledige verlamming. 'n Groot hoeveelheid van die vee kan gelyktydig ge-affekteer word en jonger diere is meer vatbaar.


Om die aangetaste diere te behandel, moet bosluise so vinnig as moontlik met die hand of met 'n dip verwyder word. Vrektes kan plaasvind as die bosluise nie vinnig genoeg verwyder word nie. Die meeste diere sal tussen 24-48 uur ná verwydering van die bosluise herstel.

Om groot verliese te voorkom, moet behandeling dus voorkomend wees sodra die toestande gunstig word, aangesien ‘n Karooverlammingsbosluis besmetting vinnig kan toeneem. 

Dip die diere vroegtydig en gereeld. “Amipor opgietmiddel ” kan gebruik word. 


Verwyder skape gedurende die winter uit heuwelkampe. As hulle egter voor die einde van die winter teruggaan, moet hulle: 

  • Voorkomend behandel word of
  • Vir die teenwoordigheid van bosluise ondersoek word binne 3 dae nadat hulle in die kamp geplaas is.  Behandel wanneer nodig. 'n Riglyn vir wanneer behandeling benodig word, is wanneer ± 10 bosluise op groot diere (> 50 kg) en ± 6 bosluise op ligter diere (20 kg) getel word. Monitor die diere vir ten minste 2 weke. 

NB: As gevolg van die lang lewensiklus van die Karooverlammingsbosluis en wisselende omgewingstoestande, kan groot verskille van jaar tot jaar in die intensiteit van seisoenale aktiwiteit voorkom. Dit kan baie misleidend wees rakende die interpretasie van die effektiwiteit van dipstowwe. 'n Eenmalige behandeling in een jaar (met ‘n lae aanslag), kan byvoorbeeld die indruk wek dat die produk 'n lang nawerking het. 'n Eenmalige behandeling die volgende jaar (met ‘n hoë aanslag), kan tot groot verliese aanleiding gee en lei tot bewerings dat die produk skielik nie meer effektief is nie. 

Kontak u plaaslike Virbac-tegniese verkoopsadviseur vir meer inligting rakende Karoo-verlammings- en beheermaatreëls vir u plaas.
 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more