Health Care

Score0 (0 Votes)

ROOILUIS en die beheer daarvan by Skape en Bokke

Rooiluis (Bovicola ovis, Bovocola limbata) is die belangrikste luisspesies by skape en bokke. Dit het ‘n groot ekonomiese impak op wol, haar en vleisproduksie.  

Luise spandeer hul hele lewensiklus op skape / bokke, en beweeg gedurig deur die vag. Hierdie vrylike beweging vergemaklik die oordraging van luise van besmette  na luisvrye vee. Om hul lewensiklus te voltooi (vanaf eier tot 'n volwasse luis wat weer eiers lê) neem ±29 dae. 

‘n Ligte rooiluis infestasie (± 5000 rooiluise)  kan binne 2-3 maande ‘n groot probleem word a.g.v hul kort lewensiklus. 

 

Herfs en Winter maande  is die gustigste tye vir rooiluise om te vermeerder. Die rede hiervoor is:

  • Omgewingstoestande is meer gunstig a.g.v verlaging in temperature en humiditeit. 

  • Skape en Bokke se immuniteit verlaag a.g.v swakker voeding kwaliteit en/ of kwantiteit  

  • Hoër veedigthede maak skaap/bok  oordraging makliker vanaf besmette na luisvrye vee in die trop.

  • Wollengte is optimaal (lank) vir luise a.g.v tradisionele lente en vroeësomer skeertye.

 

Luise veroorsaak: 

  • Irritasie

  • Velskade en breuk in wol

  • Skuur en krap a.g.v. gejeuk

  • Brommers word gelok deur serum wat lek vanaf skaaf en skuurplekke 

  • Gewigsverlies

 

Effek op wol produksie, skoon- opbrengs en prys  (Joshua,2001 NSW)

‘n Ligte luisinfestasie veroorsaak:

  • 3% verlaging in wolproduksie

  • 1% verlaging in skoon opbrengs van wol

  • 2% verlaging in wolprys

Die totale verlies per skaap met ‘n ligte luisinfestasie is ± R19.50 (Die verlies waarde is uitgewerk op R75/kg wol, gemiddeld 5Kg wol per skaap) 

 

LUISBEHEER

Die grootste bron van herbesmetting by skape en bokke  is die oorblywende luise wat nie doeltreffend deur vorige behandelings uitgewis is nie.  

  • Die beste tyd om luise te behandel hang af van die beheermetode wat verkies word nl. Opgiet of Dip/ Spuit (Jetting)

  • Aangesien luise op die veloppervlak voed moet die produk  waarmee behandel word, die vel oppervlak bereik om die beste resultate vir luisbeheer te kry

  • Wollengte is ook ‘n belangrike faktor wat inaggeneem moet word met luis beheer. Luis beheer by skape met lang wol  is meestal net ‘n nood-behandeling wat verligting bied, en nie al die luise doeltreffend beheer nie omdat dit moeiliker is om genoeg  van die aktiewebestandeel tot op die vel oppervlake te kry. Vir beste resultate moet vee geskeer word en dan behandel word vir luise. 

 

INSEKGROEIREGULEERDERS:

Insekgroeireguleerders (IGR's) , soos Trigger Strike  word gebruik om luis getalle te verminder. Die produkte dood nie luise op kontak nie , maar voorkom die ontwikkeling van onvolwasse luise teenwoordig in die vag tydens toediening asook dié wat in die volgende 20 weke gaan uitbroei.

 

OPGIETMIDDELS: 

Opgietmiddels, soos Amipor  is gereed om te gebruik produkte wat met ‘n toediener toegedien word op die rug in ‘n breë strook vanaf tussen die ore tot op die kruis. 

Ongeag die etiketeise is die beste gebruik van opgietmiddels binne 24 uur na skeer. Hierdeur word 'n hoër konsentrasie van die aktiewebestandeel  oor die hele liggaam versprei in die lanolienlaag en verseker die beste beheer.

Voordeel van opgietmiddels is:

  • Dit is gereed om te gebruik

  • Dit is maklik om toe te dien 

  • Minder stressvol vir kleinvee

  • Swaardragtige diere kan behandel word

  • Lae kapitale uitleg (Geen dipgate is nodig nie)

  • Opgietmiddels kan direk na skeer toegedien word. 

 

DIPMIDDELS: 

Dipmiddels kan toegedien word d.m.v ‘n dompeldip, ‘n spuitdip of “Jetting”.  Skape kan eers 3-4 weke na skeer gedip word, tot en met ± 2 maande voor skeer

Sleutelfaktore vir sukses met dipping is: 

  • Die regte dipkonstentrasie.

  • Maak vars aanvullings gereeld met skoon water aan. (Hou dipwater so skoon as moontlik )

  • Wollengte:  Kortwol (1-3 maande) lewer die beste resultate. Met langwol is dit  moeiliker om die regte hoeveelheid van die aktiewebestandeel tot op die vel te kry.

 

6009230810CM

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

Verwante Produkte

Amipor®

Read more

Trigger Strike

Read more