Health Care

Score3 (7 Votes)

Voorbereiding van kalwers vir speen

 

Speentyd is “oestyd” in ‘n kommersiële vleisbeesboerdery. Ons behoort alles in ons vermoë te doen om hierdie aksie so glad as moontlik te laat verloop. Dit behels dat daar vroegtydig gekyk word na aksies om die speenproses te vergemaklik en die bes moontlike prys vir jou kalwers te beding.

 

 

Speenproses self

Die speenproses, maak nie saak watter metode gebruik word nie, plaas geweldige stres op die kalwers. Teen speentyd (±7mnde), is die bydrae van die koei se melk tot die kalf se voeding baie beperk, maar die band tussen die koei en die kalf is nog sterk. Lae-stres speentegnieke ondersteun goeie dierewelsyn en siektevoorkoming in pasgespeende kalwers, met gepaardgaande verlaging in die gebruik van antibiotika.

Die gebruik van “2-stadium” speentegnieke plaas die minste tres op die kalwers. Die stelsel wat heel waarskynlik die minste stres veroorsaak is die gebruik van “speen neusringe” by die kalwers, terwyl hulle nog saam met die koeie loop. Die neusring maak dit moeilik vir die kalf om te suip, aangesien dit die koei “kielie” as die kalf probeer suip en sy dan nie stilstaan nie. Na ‘n paar dae sal die kalf dan ophou probeer en is die kalf dan gespeen. Neusringe moet ten minste 10 dae voor die beplande speendatum ingesit word en dan weer uitgehaal word op dag van speen. Alhoewel neusringe ‘n kostefaktor het, is dit herbruikbaar. (tyd, arbeid, koste vs verminderde speenskok?)

Met die speentegniek waar kalwers en koeie geskei en in aangrensende kampe loop (met ‘n baie goeie heining tussenin) voordat hulle finaal geskei word, word speenskok ook verminder.

 

Die speenproses wat die meeste stres op die kalf plaas, is waar die kalwers direk van die koeie af opgelaai en vervoer word na ‘n veiling, voerkraal of “backrounding” fasiliteit. Ander metodes soos: om die kalwers in ‘n (goeie) kraal te hou met kos en water totdat hulle ophou om na die koeie te soek (koeie moet buite hoorafstand van kalwers geneem word); die “omruil” van koeie en kalwers van verskillende troppe (troppe moet nie binne hoorafstand van mekaar wees nie!); of watter metode ookal die mees praktiese vir die spesifieke omstandighede is, kan ook gebruik word.

 

Maak nie saak watter metode gebruik word nie, beplan vroegtydig om alles gereed te hê om die speenproses so glad moontlik te laat verloop.

 

Entings

Kalwers behoort voor speen ten minste ‘n spons-, lam- en miltsiekte inenting asook die skraagdosis van spons- en lamsiekte gehad het. Die verskalwers (veral die wat terug gehou word as vervangingsverse), moet verkieslik voorspeens geënt word teen besmetlike misgeboorte (BM) indien die S19 entstof gebruik word. Indien die RB51 entstof gebruik word, kan die verse so gou doenlik naspeens geênt word. (Om die bes moontlike beskerming te kry, behoort RB51 nog twee keer naspeens herhaal te word voordat die verse by die bul kom).

Daar is ook ander entstsowwe wat voorspeens toegedien kan word, veral indien die plaaslike  toestande of die voerkraal aan wie die kalwers verkoop word dit vereis en ‘n premie op die speenkalfprys beding kan word. BVD, IBR en Pasteurella is waarskynlik die belangrikste om asemhalingverwante siektes naspeens te verminder. Wanneer kalwers baie bulk en in droë en stowwerige omstandighede gespeen word, verhoog die kanse op die voorkoms van asemhalingverwante siektes.

 

 

Spoormineraal- en vitamienaanvulling

Tydens strestoestande word adrenalien/kortisol afgeskei wat die immuunsisteem van kalwers onder druk kan plaas. Dit kan daartoe lei dat die kalwers makliker siek word. Spoorminerale speel ‘n geweldige belangrike rol in die instandhouding van die immuunsisteem. Die aanvulling van inspuitbare spoorminerale tydens voorspeense inenting kan die effektiwiteit van entstowwe verhoog. Dit is dus krities dat kalwers met voorspeense inenting of ten minste 4-6 weke voor speen, ‘n inspuitbare spoormineraal- en vitamienaanvulling kry vir die beste resultate. Die belangrikheid hiervan sal in ‘n aparte artikel bepreek word. 

 

Parasietbeheer

Kalwers word die maklikste deur inwendigeparasiete benadeel. Speenmassa kan verhoog word indien inwendigeparasiete voorspeens beheer word. Parasietvrye kalwers sal ook speenskok (stres) beter hanteer. 

Die beheer van uitwendigeparasiete is belangrik om optimale groei te verseker en die kanse op bosluisoordraagbare siektes te verminder - veral wanneer kalwers onder speenstres verkeer en hul immuniteit onder druk kom. Daarby, moet kalwers bosluisvry verkoop word - veral wanneer hulle op ‘n veiling aangebied word.  Indien kalwers nie bosluisvry is nie, kan die verkoop van  kalwers op ‘n veiling geweier word.

 

Seleksie van vervangingsverse

Dit is belangrik om voor die bemarkingsdag aanbreek, die verse wat terug gehou wil word vir vervanging te selekteer. Onthou, indien seleksiedruk geplaas word op vrugbaarheid, behoort verse eerstens geselekteer te word van koeie wat self vroeg in die kalfseisoen gekalf het - sonder dat hierdie koeie die vorige kalfseisoen oorgeslaan het!! Indien moontlik, hou ook bietjie meer verse terug as wat benodig word om selekiedruk op vrugbaarheid met eerste dekking te kan toepas.

 

Merk van kalwers

Volgens wet, moet kalwers teen 6 maande ouderdom gebrandmerk (of getatoeër) wees. Hierdie aksie kan ook met van die ander aksies soos inenting en spoormineraalaanvulling gekombineer word om hantering te verminder.

 

 

 

 

Kontak u naaste VIRBAC Tegniese Verkoopsadviseur vir meer inligting rakende toepaslike Virbac produkte 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Amipor®

Read more

Flukazole C

Read more

MultiDip

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Virbamax First Drench™

Read more

Virbamec® L

Read more

Prodose® Blue

Read more

Virbamec® LA

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?