Health Care

Score4.6 (9 Votes)

Lewerslak - Die Parasiet

Fasciolosis (Lewerslak) is een van die belangrikste parasitiese siektes in die wêreld, insluitend in Suid-Afrika. 

Lewerslak in vee is verantwoordelik vir groot ekonomiese verliese soos: 

  • Lewers by die abattoir word afgekeur 
  • Mortaliteite
  • Afname in melk en vleis produksie
  • Verlaging in reproduksie
  • Sekondêre bakteriële infeksies 


‘N OORSIG VAN DIE PARASIET

Twee tipes lewerslak spesies kom in Suid Afrika voor nl.: 

Gewone lewerslak (Fasciola hepatica). Hul grootte is gemiddeld 2.5 cm lank en 1.5cm breed. Hul kom oral in Suid Afrika voor veral waar die toestande gunstig is.

Reuse lewerslak  (Fasciola gigantica). Hul grootte is gemiddeld 5.5cm lank en 1.5cm breed. Reuse lewerslakke word meer gevind in die noordelike streke van Suid-Afrika.

Die lewensiklus van lewerslak is kompleks en het verskeie stadiums van ontwikkeling binne en buite die vee.   Lewerslakpopulasies word onderhou met die teenwoordigheid van varswaterslakke wat as tussengasheer dien.


TUSSENGASHEER

Varswaterslakke (Lymnaea spp.)  dien as die tussengasheer van die lewerslak. Hulle verkies habitatte met 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van 10-20 ° C en 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 600 - 900 mm.

Die dop is  langwerpig, eiervormig en is kleurloos of ligbruin van kleur. Grootte wissel tussen spesies (Die breedte van die dop is ongeveer 5,75–7 mm en die hoogte van die dop is 4,6–19,2 mm)




HABITAT

Die tipiese habitat van lewerslak is nat, moerasagtige gebiede soos vleie, spruite en gronddamme. Dit is die ideale habitat vir die oorlewing van die varswaterslak. Die water moet stadig beweeg of stilstaande wees. 

Gebiede waar weidings besproei word kan ook bevorderlik wees vir die oorlewing van die parasiet

In sommige gevalle kan waterreservoirs en krippe kan ook 'n bron van die infeksie wees.

Lewerslakinfeksies word deur 'n aantal faktore beinvloed:

  • Die teenwoordigheid van varswaterslakke (tussengasheer) op die plaas.
  • Die teenwoordigheid van geskikte nat, moerasagtige gebiede, vleie of damme. Die water moet stadig beweeg of stilstaande  wees.
  • Reënval help om die eiers uit die mis te was. Reënval handhaaf ook die waterliggame waar slakke kan oorleef.
  • Temperatuur - speel ook 'n groot rol in die beïnvloeding van lewerslakbesmetting:
    • Beide lewerslak en varswaterslakke floreer in die warmer maande van die jaar. Wanneer die gemiddelde daaglikse temperatuur onder 10 ̊C daal, hou die eiers op om uit te broei, die  ontwikkeling van lewerslaklarwes  binne-in die varswaterslakke neem af en die varswaterslakke word onaktief. 
    • In die kouer gebiede kom die  lewensiklus dus tot ‘n stilstand in die winterperiodes. In die warmer gebiede waar die temperature matig is, kan die lewensiklus dwarsdeur die jaar voortgaan. Die lewerslak besmetting sal dus deur die jaar voortgaan en getalle sal opbou.

Suksesvolle lewerslakbeheer kan 'n uitdaging wees. Beheer moet daarop gerig wees om beide die aantal parasiete in die gasheer te verminder, asook die lewerslakpopulasie teenwoordig in die omgewing te beperk. 

 

60092306CM

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

Verwante Produkte

Flukazole C

Read more

Virbamec® L

Read more

Wirecide F

Read more

Lewerslak lewensiklus : Fasciola hepatica