Health Care

Score5 (1 Votes)

Lewerslak - Die Ekonomiese Impak

Lewerslakbesmettings kan ‘n groot ekonomiese impak hê deurdat dit lei tot verlaagde groeitempo’s (GDT), verlaagde  melkproduksie, verlaagde vrugbaarheid, lewers wat afgekeur word by die abbatoir, mortaliteite (vrektes) en sekondêre infeksies. 


 

DIE IMPAK OP MELKPRODUKSIE

In hoërisiko lewerslakareas is lewerslakbesmettings 'n groot bedreiging vir melkproduksie. Die effek van lewerslakbesmettings op melkproduksie  is goed gedokumenteer2.

  • Melkverlies as gevolg van lewerslak besmetting kan tot 1 kg / dag wees. Oor ‘n laktasieperiode van 300 dae is dit 300 liter in melkproduksie verlies per koei per jaar. Met ‘n melkprys van R5,15 kan die verlies R1545 per koei tot gevolg hê.
  • Hoë lewerslak besmetting kan die bottervetkonsentrasie in die melk  verminder¹.

DIE IMPAK OP GROEI BY KALWERS

Lewerslakbesmetting het ‘n negatiewe effek op gewigstoename, veral by jong en groeiende beeste. ‘n Swaar besmetting van 200 slakke per kalf, kan ‘n afname in groei van tot 28.5% tot gevolg hê4,5. Die onderstaande grafiek wys die afname in liggaamsmassa wat verwag kan word by matige en swaar besmettings2.  

Laer gewigstoenames beïnvloed die algehele ontwikkeling van die kalf en lei tot laer speenmassas. Dit kan ook lei tot vertraging in die bereiking van puberteid (teelouderdom). Beide die toestande het ‘n groot ekonomiese impak. Teen die huidige speenkalfpryse van >R30/kg, kan laer speenmassas ‘n groot verlies aan inkomste beteken!

DIE IMPAK  OP LIGGAAMSMASSA VAN SKAPE

Lewerslak besmettings het ‘n 15% impak op voerinname wat lei tot verlaagde groei indien dit nie beheer word nie6.

In hierdie proef was skape wat lewerslak lewerslak vry was, gedoseer met F. hepatica metaserkaria vir 5 dae elke week oor ‘n periode van van 22 weke.  Die besmette groepe het ‘n afname in groei begin toon vanaf week 20.

  • Die skape in die groep met ligte besmetting was met 8 F. hepatica metaserkaria gedoseer vir 5 dae, elke week vir 22 weke.

  • Die skape in die groep met swaar besmetting was met 14 F.hepatica metaserkaria gedoseer vir 5 dae, elke week vir 22 weke.

AFKEURINGS VAN LEWERS

Die verlies aan inkomste as gevolg van lewers wat by die abbatoirs afgekeur word a.g.v  lewerslakbesmetting, beloop maklik R100 per afgekeurde lewer!



 

 

Maak gebruik ‘n volgehoue STRATEGIESE BEHEERPROGRAM en die gebruik van die mees effektiewe produkte, om die EKONOMIESE IMPAK van lewerslak te VERMINDER

 

Verwysings

  1. Department of Agriculture and Rural development, Technical Note, Dairy 13 April 2003
  2. Ross JG (1970) British Veterinary Journal, 126; xiii-xx
  3. The University of Reading, department of Agricultural and food Economics, The Economics of Fascioliasis  (Liver Fluke)
  4. Dargie DJ (1986) in Ed. MJ Howell, Parasitology, Quo Vadit 1986.
  5. Hutton Oddy, Meat and Livestock Australia, 2003 Armidale Feeder Steer School.
  6. Sykes, AR, Coop RL, Rushton B. (1980) Chronic subclinical fascioliasis in sheep: effects on food intake, food utilisation and blood constituents, research in Veterinary Science. 28:63-70

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

Verwante Produkte

Flukazole C

Read more

Virbamec® L

Read more

Wirecide F

Read more