Health Care

Score0 (0 Votes)

"Droë seisoen" voeding vir vee - "Onthou om te Onthou"

Ons geheue laat ons partykeer in die steek! Daarom is dit nodig om die volgende woorde gereeld te herhaal, naamlik “Onthou om te Onthou”.  Vir die veeboer is hierdie tyd van die jaar: “Onthou” om voer, entstof en ander produksiemiddele vir gebruik in die winter te bestel en aan te koop.  “Onthou” om die watervoorsiening na te gaan - sonder water vir die vee benodig jy nie meer die ander insette nie!

Dit is hierdie tyd van die jaar vanpas om die woorde “Onthou om te Onthou” te herhaal! “Onthou” wat jy moet vra? “Onthou” om die produk te bestel wat jou vee gaan help om die beste te maak van die voedingstowwe wat beskikbaar is teen die einde van die groeiseisoen. “Onthou” die produk wat ’n aktiewe spysverteringstelsel ondersteun wanneer die kwaliteit en kwantiteit van die beskikbare voedingsbronne in die omgewing afneem. “Onthou” die produk wat die potensiële verlies van proteïen deur die aksie van anti-nutriënte doeltreffend kan teenwerk.  “Onthou” die getoetste en beproefde produk wat reeds vir meer as ’n dekade uitstaande voordele gee vir vee in Suid Afrika.

Het jy “Onthou om te Onthou”?  Dit is BROWSE PLUS!  Verfris jou geheue oor wat jy van BROWSE PLUS kan verwag:
 

In die meeste boerdery-areas neem beide kwaliteit en kwantiteit van die weiding af na afloop van die reënseisoen.  Die gras raak volwasse, verdroog en die proteïeninhoud daal skerp na ongeveer 2% tot 5%.  Ondanks dié feit, is dit belangrik vir vee om te wei, aangesien die gras nogsteeds voedingswaarde verskaf, as ruvoer vir die spysverteringsisteem dien en die goedkoopste ruvoerbron is.  Droë gras bevat lae vlakke van proteïen en genoegsame proteïen is krities om ’n gesonde mikrobepopulasie in die rumen te handhaaf.  As gevolg van die lae proteïeninhoud van die weiding, verlaag die mikrobepopulasie in die rumen dramaties en die totale verteringsproses word vertraag.  Daardie droë en harde mis is tekenend van ‘n rumen wat nie optimaal funksioneer nie, hoofsaaklik as gevolg van ‘n proteïentekort. Dit word vererger indien die diere oorskakel na die vreet van bome en struike se blare om voedingstowwe aan te vul.  Meeste blare van bome en struike is ryk aan proteïne, maar dit bevat egter ook tanniene (looisuur) wat proteïen bind en die rumenflora verhoed om dit te benut.  Tanniene kan ook van die rumenflora vernietig en kan selfs tot vergiftiging lei.  Tanniene bind ook mikro-elemente soos sink en koper, wat tot tekorte kan lei.

 

Kan u nou “Onthou” – dat BROWSE PLUS hierdie probleme kan oorbrug en ’n positiewe bydrae tot diereproduksie lewer? Dit het ’n positiewe effek op die rumenflora deurdat dit direk voedingstowwe verskaf om die mikrobepopulasie te ondersteun en indirek deur die nadelige effek van tanniene te oorkom deurdat dit proteïenbinding voorkom, die verlies van mikro-elemente soos sink en koper verhoed, asook die moontlike vergiftiging verhoed wat deur die teenwoordigheid van hidroliseerbare tanniene veroorsaak kan word.

Aan die einde van die seisoen sal jy bly wees dat jy “ONTHOU om te Onthou” het om BROWSE PLUS te gebruik om alle moontlike vreetbare materiaal doeltreffender te benut en gewigsverlies te beperk!
Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur  vir die aanbeveling van die regte produk vir u omstandighede.

 

60092308AR

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

Verwante Produkte

Browse Plus®

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more