Health Care

Score0 (0 Votes)

DRUKBEWEIDING - DIE ROL VAN AANVULLING VAN ‘N VERTERINGSMODIFISEERDER OM DIEREPRESTASIE TE OPTIMALISEER

Drukbeweiding behels in wese, die abnormale verhoging in veelading, op ‘n relatiewe klein oppervlakte, vir ‘n relatiewe kort tydperk (met lang rusperiodes tussen benutting).

Drukbeweiding gaan gepaard met:

  • Verhoogde bestuursinsette en infrastruktuur (elektriese heinings, watervoorsiening ens.)
  • Aanpassing van diere in so ‘n stelsel (seleksie NB)
  • Die benutting van alle (soveel as moontlik) plantmateriaal (nie-selektiewe beweiding): 
    • Verhoogde totale produksie per hektaar (kg vleis/ha)
    • Laer individuele diereprestasie
  • Verhoogde stresvlakke as gevolg van:
    • Kompetisie tussen diere vir beskikbare weiding
    • Kudde hiërargie (veral by lekbakke)
  • Druk op immuniteit
  • Druk op reproduksie

Een hulpmiddel wat ‘n groot rol kan speel om die optimale benutting van weiding aan te spreek, is die aanvulling van ‘n verteringsmodifiseerder.

Die gebruik van ‘n verteringsmodifiseerder. 

  • Het ten doel om:
    • Optimale vertering van plantmateriaal te verseker
    • Skadelike voedingstowwe te neutraliseer
    • Optimaliseer die beskikbaarheid en benutting van voedingstowwe
    • Kondisie te ondersteun
  • Hoekom nodig:
    Die volgende faktore het ‘n negatiewe invloed op vertering en benutbaarheid:
    • Benutting van plantmateriaal wat nie normaal geselekteer sal word nie
      • Diere word geforseer om minder smaaklike en minder verteerbare gras te vreet
    • Fisiologiese groeistadium van gras
      • As die gras saad gemaak het, translokeer dit voedingstowwe na die wortels en verhout dit baie vinnig. Dit raak moeiliker om te verteeren lei tot ‘n stadiger tempo om vloei deur die spysveteringskanaal en verlaagde beskikbaarheid van voedingstowwe
    • Teenwoordigheid van anti-voedingstowwe - wat die benutbaarheid van voedingstowwe beperk en skade aan rumenwand kan veroorsaak bv. 
      • tanniene, 
      • terpene en 
      • harse
    • Suboptimale rumenmikrobe populasie -  wat aangehelp word deur die faktore hierbo genoem. Dit is dus ‘n bose kringloop wat gestuit moet word en ‘n verteringsmodifiseerder kan help om die negatiewe effek van bogenoemde faktore op die rumenmikrobe te verlig.
  • Wanneer werk aanvulling die beste:
    Onder alle ongunstige omstandighede, wat die benutting van weiding bemoeilik bv.
    • Groenseisoen - wanneer baie swak / onsmaaklike weiding benut moet word
    • Oorgangseisoen (groen- na droëweiding) - wanneer die veselinhoud van gras so verhoog dat dit vertering bemoeilik
    • Droëseisoen - wanneer plante fisiologies volwasse of doodgeryp is en verteerbaarheid laag is
    • Oorgangseisoen (droë- na groenseisoen) - totdat genoegsame nuwe groen weiding beskikbaar is
    • Benutting van lae kwaliteit oesreste
    • Benutting van bome en struike
    • Tydens “backgrounding” / aanpassing in voerkrale
    • Wanneer die mis van diere hard en donker van kleur word (Figuur 1)



Figuur 1. Let op na die mis - regs onder kort Browse Plus!

  • Wat om aan te vul:
    Browse Plus® -   

    • bevat 4 aktiewe bestandele in ‘n fyn poeiervorm (Figuur 2), wat oplosbaarheid bevorder
    • kan aangevul word dmv. 
      • in lek ingemeng word
      • water of 
    • teen 2 - 4 g / dier / dag (afhangende van die spesie en die kwaliteit van die weiding)
    • veilig om te gebruik vir beeste, skape, bokke en wild
    • geen melk- of vleisonttrekking nie



Figuur 2. Produk A is Browse Plus - sien verskil in voorkoms/fynheid vs ander produkte

 

OPSOMMING

Vul Browse Plus® aan om:

  • Om vertering van laer kwaliteit plantmateriaal te verbeter en benutting van voedingstowwe te optimaliseer
  • Kondisie te ondersteun (gewigsverlies te beperk)
  • Beter diereprestasie te verseker

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Browse Plus®

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more