Health Care

Score0 (0 Votes)

DRUKBEWEIDING - DIE ROL VAN SPOORMINERAALAANVULLING OM DIEREPRESTASIE TE OPTIMALISEER

Drukbeweiding behels in wese, die abnormale verhoging in veelading, op ‘n relatiewe klein oppervlakte, vir ‘n relatiewe kort tydperk (met lang rusperiodes tussen benutting).

Drukbeweiding gaan gepaard met:

  • Verhoogde bestuursinsette en infrastruktuur (elektriese heinings, watervoorsiening ens.)
  • Aanpassing van diere in so ‘n stelsel (seleksie NB)
  • Die benutting van alle (soveel as moontlik) plantmateriaal (nie-selektiewe beweiding): 
    • Verhoogde totale produksie per hektaar (kg vleis/ha)
    • Laer individuele diereprestasie
  • Verhoogde stresvlakke as gevolg van:
    • Kompetisie tussen diere vir beskikbare weiding
    • Kudde hiërargie (veral by lekbakke)
  • Druk op immuniteit
  • Druk op reproduksie

Die aanvulling van spoorminerale kan ‘n groot rol speel om die negatiewe effek van stres te beperk en om optimale diereprestasie onder hierdie omstandighede te bevorder.

Spoormineraal- en vitamienaanvulling. 

Het ten doel om:

  • Negatiewe effek van stres te verlig
  • Reproduksie te optimaliseer
  • Produksie te optimaliseer
  • Immuniteit te optimaliseer

Hoekom nodig:
Tydens toestande van stres en kritieke periodes in die produksiesiklus, verhoog die vorming van Vryradikale of Reaktiewe Suurstofspesies (figuur 1). Die produksie van vryradikale is ‘n natuurlike proses wat normaalweg en op ‘n daaglikse basis in die dier se liggaam tydens oksidasie plaasvind. Die ongekontroleerde vorming van vryradikale kan skade aan liggaamselle veroorsaak. 



Figuur 1. Vorming van skadelike vryradikale

Gelukkig is daar ‘n sisteem wat die ongekontroleerde vorming van vryradikale beheer en negatiewe gevolge daarvan beperk. Dit vind plaas deur die aksie van anti-oksidant ensieme. Hierdie werking van hierdie ensieme is spoormineraalafhanklik, veral Sink, Mangaan, Koper en Selenium (figuur 2).


Figuur 2. Rol van spoorminerale in vryradikaal neutralisering

Wanneer daar ‘n wanbalans ontstaan tussen die vorming van vryradikale en die werking van anti-oksidant ensieme, ontstaan daar ‘n toestand wat ons Oksidatiewe Stres noem. (Die effek daarvan kan vergelyk word met die proses van roes van yster). Tydens oksidatiewe stres word liggaamselle beskadig. Dit kan daartoe lei dat die selle se funksionering nadelig beïnvloed word en selfs lei tot siektes, die afsterf van selle en kanker.

Wanneer werk aanvulling die beste:

  • Spoorminerale en vitamiene word op ‘n daaglikse basis benodig in meer as 300 ensiemfunkies. Daarom word ‘n daaglikse orale (lek) aanvulling aanbeveel om in die normale onderhoudsbehoefte van spoorminerale te voldoen.
  • Tydens tye van stres en kritiese tye in die produksiesiklus, verhoog die behoefte aan spoorminerale drasties en word ‘n beproefde inspuitbare spoormineraal aanvulling (OP TOP), bo en behalwe die orale aanvulling aanbeveel
  • Met die konstante druk wat op diere geplaas word in ‘n drukbeweidingsisteem, word die volgende aanvullingsprogram aanbeveel:
    • Koeie:
      • 4 weke voor kalfseisoen
      • 4 weke voor teelseisoen
      • met speen
    • Bulle:
      • 8 weke voor die aanvang van die teelseisoen
      • met aanvang van die teelseisoen
      • na afloop van die teelseisoen
    • Kalwers:
      • op 3 tot 4 maande ouderdom
      • 4 weke voor/met speen
    • Vervangingsverse/Jong bulle
      • elke 4 maande na speen

Z:\8044 Marketing - Food Production\Packshots\Pack shots 2017\Louisa\JPG\Multimin CR 500 ml.jpgZ:\8044 Marketing - Food Production\Packshots\Pack shots 2017\Louisa\JPG\Multimin Se Cattle, Sheep & Goats 500 ml.jpg

  • Wat om aan te vul:

    • Die wêreldwye beproefde Multimin® reeks (kontak u naaste Virbac Tegniese Produksieadviseur vir advies rakende die mees gepaste produk) en 
    • ProVit A (as gevolg van die sinergisme tussen Vit A & Zn asook Vit E & Se)

 

OPSOMMING

Vul Multimin® en ProVit A aan voor kritieke tye in die produksiesiklus:

  • as ‘n OP TOP bo en behalwe orale aanvulling
  • om die produksie van vryradikale in toom te hou en die negatiewe gevolge van oksidatiewe stres te beperk
  • om reproduksie, produksie en immuniteit te optimaliseer vir ‘n meer doeltreffende kudde in die uitdagende omstandighede wat met drukbeweiding gepaard gaan

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Browse Plus®

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more