Health Care

Score0 (0 Votes)

Droë-seisoen voeding vir vee

Die “As hulle net…” sindroom

Dit is die drie woorde wat die meeste herhaal word deur veeboere tydens droëseisoen periodes. Dit word gemaak in die tyd van die jaar wanneer diere onderhewig is aan aansienlike voedingstres, en wanneer boere afwagtend na die dorre omgewing kyk vir enige tekens van verligting vir die tekort aan voeding met ‘n hoë voedingswaarde.  

“As hulle net …… hierdie gras wil eet!“ is die voltooide sin. Dié uitlating word dikwels gemaak wanneer boere hunkerend oor die dorre veld kyk, wat in die somer reënseisoen groen en voedsaam is. Ongelukkig is die veld in die droë-seisoen maande nie groen en voedsaam nie. Nie alleenlik is die gras droog nie, maar dit is ook onsmaaklik en die proteïenvlakke val na tussen 2 – 6%. Die rumen-mikrobepopulasie binne diere wat op sulke gras wei, daal ook weens die tekort aan voedingstowwe. Die verlaagde rumen-mikrobepopulasie beperk die vermoë van weidende diere om die droë gras te prosesseer. (Topps & Oliver, “Animal Foods of Central Africa” pg 79 & 80;  109). Dit kan ’n tergende en frustrerende situasie wees, veral wanneer hierdie gras volop is.

Die vraag ontstaan: “Hoekom behoort vee hierdie gras te eet?” Dit is mos droog, smaakloos en laag in voedingswaarde. Dit maak sekerlik meer sin om iets meer aantreklik en voedingskragtig vir die diere in die droë maande te gee. Verkeerd! Droë gras, afhangend van tipe gras, kan waardevolle ruvoer en koolhidrate/stysel verskaf. Dit is egter belangrik om speekselvloei en rumenaksie te handhaaf. Daarom is dit ’n algemene praktyk dat veeboere in die winter ’n konsentraatlek aan die diere verskaf om hulle te onderhou. Maar dit is ook ’n algemene miskonsepsie dat wanneer die regte hoeveelheid aanvulling gegee word, dat dit al is wat nodig is. Dit is alleenlik waar as die regte hoeveelheid ruvoer (ruvesel) beskikbaar is. As die inname van ruvoer verhoog kan word, dan sal die doeltreffendheid van die lekaanvulling ook verhoog. (D.P. Visser, RUMINANT DIGESTION, Department of Agriculture Livestock Development Schemes. Agric Publications – Production Guidelines.) 

Dit is belangrik om te verseker dat ruvoer in die droër maande beskikbaar is. Dit kan in die vorm van of gras of oesreste wees (bv. mieliereste). In meeste gevalle word die vermoë van vee om meer droëmateriaal in te neem, weens verskeie faktore beperk: in die eerste plek is dit weens die feit dat droëmateriaal in die vorm van gras en oesreste relatief onsmaaklik is, tweedens weens die feit dat die rumen-mikrobepopulasie van herkouervee in droë periodes verlaag. Dit is as gevolg van die feit dat die diere hoofsaaklik droëmateriaal vreet (wat laag in proteïen is). Gevolglik word die vermoë van die spysverteringskanaal om groot hoeveelhede gras of oesreste te prosesseer verlaag, omdat die mikrobes ’n belangrike rol speel om die materiaal af te breek en die voedingstowwe benutbaar te maak. 

Jy hoef nie te lewe met die “As hulle net…” situasie nie. Tegnologie is nou beskikbaar wat vee in staat stel om onsmaaklike grasse en oesreste beter te kan benut. Die tegnologie is beskikbaar in die vorm van ’n produk bekend as Browse Plus. Die produk is al baie jare in gebruik, hoofsaaklik om die benutting van die blaarkomponent van struike en bome vir vee en wild te verhoog, deur die neutralisering van die antivoedingstanniene.  

In die afgelope paar jaar het baie boere egter berig dat beeste wat Browse Plus ingeneem het, meer droë gras gevreet het. Eksperimentele inligting oor beeste wat op droë gras loop is beperk. In een proef waar beeste op mieliestoppellande gewei het, het die Browse Plus groep 3.18 kg oesreste per dag ingeneem terwyl die kontrolegroep net 1.97 kg per dag ingeneem het.   (Duncan & McKenzie, “Trial to determine the effect of dosing Browse Plus to steers on maize stover.” Agricura (Private) Limited, Annual Technical Report, 1994).

 

 

Browse Plus  het ’n beduidende effek om normale rumen-aktiwiteit te herstel. (Salawu, Acamovic, Stewart, & DeB.Hovell, “ Querbracho tannins with or without Browse Plus in sheep diets; effect on digestibility of nutrients in vivo and degradation of grass hay in sacco and in vitro’’ Animal Feed Science and Technology 69(1997) 67-78). Daar is bewys dat behandelde diere se rumen-mikrobes vinnig herstel het en die spysverteringskanaal meer aktief is, wat meebring dat diere meer gras en oesreste inneem. Dit is deels tewyte aan die melasse-stillaat (MDDS) in die formulasie wat ’n gesonde mikrobe populasie aanmoedig. Dit verhoog die potensiaal vir meer doeltreffende gebruik van aanvullende voeding.  (Ethyl Concentrate Feed, Rumenco Company, UK Bulletin R1 No.10)

Dit is nie meer nodig om verlangend te kyk na die droëseisoen weiding en te sê “As hulle net…” die gras en oesreste beter kon benut nie.  

Dit kan effektief en kostedoeltreffend gedoen word met Browse Plus!

 

60092308AR

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Browse Plus®

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more