Health Care

Score0 (0 Votes)

SKAAPBESTUUR VOOR-LAM: Spoormineraalaanvulling

Artikel 4 van 6 oor hierdie onderwerp

“CONCEPTION TO CONSUMPTION” - 'N PROGRAMBENADERING

 

Ten einde vir 'n ooi om haar volle genetiese potensiaal te bereik, sowel as dié van die ongebore lam(mers), moet aan sekere voedingsbehoeftes voldoen word. Een van die belangrike behoeftes is spoormineraal- aanvulling. Ongelukkig word dit dikwels afgeskeep, hoofsaaklik omdat spoormineraalaanvulling nie 'n onmiddellike en visuele effek het nie. Tog, speel spoorminerale "agter die skerms" 'n belangrike rol in optimale diereproduksie.

 

Spoormineraalaanvulling is belangrik vir optimale immuniteit , groei – veral by jong ooie en lammers, en reproduksie. Dit is algemeen bekend dat die vraag na spoorminerale drasties toeneem tydens dragtigheid. Selfs al het die dier net 'n tekort aan een van hierdie minerale, kan immuniteit, produksie en reproduksie negatief beïnvloed word. Alhoewel 'n spoormineraaltekort nie altyd waargeneem kan word nie, het dit 'n beduidende impak op winsgewendheid. Die jongste proefwerk van Australië, het die voordele van Multimin-aanvulling bevestig. Dit het 'n positiewe impak op die aantal lammers by merk (+9%), asook verbeterde speengewig (+2.3kg) tot gevolg gehad by ooie wat nie ‘n tekort aan spoorminerale gehad het nie. 

 

 

Gonzalez-Rivas P.A., Swaney S., Evans R., Chambers M., Liu J. (2021). 

Effect of a trace mineral injection before joining and lambing on conception rate, marking rate and lamb weights in diverse farms in Victoria.

 

Hoe hoër die aantal ongebore lammers wat die ooi dra, hoe groter is haar behoefte aan spoorminerale. Alhoewel orale inname belangrik is (weiding en lekke), is dit meestal onvoldoende om in hierdie hoë aanvraagtydperk in die ooi se behoeftes te voorsien – en 'n sogenaamde spoormineraalgaping kom voor. Swaar dragtige ooie se voerinname word verder negatief beïnvloed deur die beperking van rumenkapasiteit wat deur hul ongebore lammer(s) op hulle geplaas word. Om hierdie probleem te oorkom, kan spoorminerale toegedien word deur middel van 'n inspuiting onder die vel. 'n “Op Top” toediening 4 tot 6 weke voor lam, kan help om in die behoeftes van vandag se hoogproduserende ooie te voorsien.

Noodsaaklike spoorelemente in laatdragtigheid sluit in mangaan (Mn), sink (Zn), koper (Cu) en selenium (Se). Hierdie vier spoorminerale speel 'n belangrike rol in baie van die dragtige ooi se liggaamsfunksies. ’n Tekort aan enige hiervan tydens laatdragtigheid kan ’n negatiewe uitwerking op die ontwikkeling en oorlewing van die lam(mers) hê. Spoorminerale word van die ooi na die fetus oorgedra en verseker dat lammers met optimale vlakke van spoorminerale gebore word. Melk bevat nie beduidende hoeveelhede spoorminerale nie en daarom is dit belangrik dat lammers met optimale vlakke gebore word.

Die kwaliteit van die biesmelk word ook beïnvloed deur die ooi se spoormineraalstatus tydens laatdragtigheid, deur die effek wat dit op die aantal teenliggaampies in die biesmelk het. Dit is belangrik, aangesien dit die lam se immuunstelsel aan die gang sit en die vroeë (moederlike) immuniteit van die lammers optimeer. Navorsing het getoon dat inspuitbare spoormineraalaanvulling die doeltreffendheid van entstowwe verbeter (Roberts et al., 2016). Dit hou nie net voordele vir die ooi in nie, maar ook vir die lammers, danksy die hoër-gehalte biesmelk wat hulle inneem.

Mangaan verbeter ooie se vrugbaarheid. Selenium is belangrik vir embrio-oorlewing en -ontwikkeling. Selenium is ook belangrik vir optimale immuniteit en lei, soos hierbo genoem, tot laer lamvrektes en 'n hoër speenmassa. Sink is belangrik vir hoefkwaliteit (vrotpootjie) en die gesondheid en toestand van die uier en spene. ’n Tekort kan lei tot ’n laer geboortemassa. Koper kan ook 'n positiewe rol speel. Sowat 10% van die koper wat 'n ooi opneem, word vir wolproduksie gebruik. Dit speel ook 'n rol in voortplanting en siekte-immuniteit, en (saam met selenium en vitamien A), 'n vermindering in die voorkoms van vassit nageboortes. (NB: Aanvulling van skape met koper moet versigtig benader word omdat dit tot toksisiteit kan lei as die ooie reeds 'n voldoende koperstatus het.)

Ons kan dus sien dat spoormineraalaanvulling in laatdragtigheid in baie opsigte 'n baie belangrike rol kan speel en daarom moet dit die nodige aandag kry. Alhoewel orale inname van spoorminerale belangrik is - en standaardpraktyk behoort te wees - sal 'n inspuitbare "Op Top" met Multimin® gedurende hierdie tyd help om die spoormineraalgaping te verminder of uit te skakel en optimale produksie te verseker.

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more

OptiLumen Sheep and Goats

Read more

OptiLumen Neo

Read more

OptiLumen Sheep and Goats + Cu

Read more