Health Care

Score4.6 (5 Votes)

Voorbereiding van ooie vir die herfslamseisoen

Net soos ooie voorberei moet word vir die paarseisoen om maksimum konsepsie te verseker, moet ooie ook voorberei word vir die lamseisoen om seker te maak dat lammers die beste moontlike wegspring in die lewe kry!

Die volgende faktore moet ingedagte gehou word:

Voeding

Kondisie van ooie vir herfslamseisoen in die somerreën gebiede is gewoonlik nie so ‘n groot uitdaging nie, maar nog steeds van kritiese belang: 

  • Die meeste van die fetusgroei (80%) vind in die laaste gedeelte (2 mnde) van dragtigheid plaas. Indien ooie nie in hierdie tyd in ‘n goeie kondisie (3.5 tot 4) is nie, kan die ontwikkeling van die ongebore lam, veral by meerlinge, negatief beïnvloed word. Geboortemassa is krities in lamoorlewing (3.5kg tot 5.5kg is ideaal). NB. Oorvet ooie se lammers kan te groot ontwikkel (>5.5kg) en kan tot moeilike geboortes aanleiding gee.
  • Voeding in hierdie tyd het ook ‘n uitwerking op uierontwikkeling, bieskwaliteit en melkproduksie - wat ‘n groot rol speel in lamoorlewing en voorspeense groei. Die aanvulling van deurvloeiproteïene is van kardinale belang in hierdie tyd.
  • Voeding in laatdragtiheid het selfs ‘n invloed op moedereienskappe, wat belangrik is vir lamoorlewing.
  • Die kondisie van die ooi met lam, het selfs ‘n invloed op die konsepsie van die volgende paarseisoen. Indien ooie nie in ‘n goeie kondisie lam nie, kan konsepsie verlaag word met die volgende paarseisoen - selfs al is die ooie dan in ‘n goeie kondisie!
  • Indien ooie in lamhokke lam, maak seker dat die ooie geleidelik aangepas word op die rantsoen wat in die lamhokke voorsien gaan word om voedingsverwante spysverteringsteurnisse te voorkom. Niks kan ‘n ooi se melkproduksie so vinnig negatief beïnvloed as ‘n omgekrapte maag nie!

Spoorminerale en vitamiene

Die ooie se behoefte aan spoorminerale en vitamiene verhoog drasties is laatdragtigheid. Alhoewel meeste kommersële lekke wel hierdie elemente bevat, kan die hoeveelheid ingeneem baie keer nie aan die behoefte voorsien nie en ‘n sogenaamde spoormineraalgaping kan ontstaan. Die spoormineraalstatus van die ongebore lam is totaal afhanklik van voorsiening vanaf die ooi. Dus kan ooie baat by ‘n “OP TOP” spoormineraal- en vitamienaanvulling in laatdragtigheid. Sien ‘n opvolgartikel vir meer besonderhede oor hieride onderwerp.

Parasietbeheer

In aanloop tot die herfslamseisoen, kan inwendigeparasiete ‘n groot uitdaging wees (veral in die somerreënval gebiede). Verlaagde eetlus, diaree, irritasie (neuswurm), bloedarmoede ens. is van die nadelige gevolge wat inwendigeparasiete kan inhou. Dit kan uiteindelik vele ander negatiewe gevolge vir die ooi en ongebore lammers inhou. Sie ‘n opvolgartikel wat hierdie aspek in meer detail behandel.

Entings

Goeie immuniteit is een van die belangrikste pilare van goeie gesondheidsorg. Laatdragtige ooie se immuunstelsel is onder druk en moet ondersteun word. Vir die ooi self, veral met ‘n toename in goeie kwaliteit voeding in laatdragtigheid, is dit noodsaaklik dat immuniteit teen bloednier (Clostridium spp) geoptimaliseer word dmv enting. 

Die pasgebore lam word sonder immuniteit gebore en is totaal afhanklik van goeie kwaliteit bies hoog in teenliggame, om sy immuunsisteem in rat te sit. Deur ooie in laatdragtigheid te ent (klostridiumverwante siektes en pasteurella), kan die kwaliteit van bies verhoog word en na die lam oorgedra word dmv die bies. Dit sal die lam in die eerste paar weke so goed moontlik te beskerm. Kontak gerus u plaaslike veearts vir die mees geskikte entstowwe vir u area. NB. Algemene voeding en spoorminerale kan die effektiwiteit van entstowwe beïnvloed.

Algemeen

  • Indien getalle dit regverdig, verdeel ooie in groepe volgens meerlingstatus (enkel- vs tweelinge) en pas voeding dienooreenkomstig aan.
  • Voorbereiding van lamhokke. Indien van lamhokke gebruik maak word, maak seker dat dit behoorlik ontsmet word en beddegoed, water- en voervoorsiening reg is.
  • Maak seker dat alle nodige toerusting en hulpmiddels nodig vir die lamproses in voorraad en beskikbaar is (onstmettingsmiddels, antibiotika ens.)
  • Pas biosekuriteit toe! Vermy onnodige betreding van die area waar die lamproses gaan plaasving. Indien wel, maak seker dat effektiewe onstmetting plaasvind om kontaminasie met bakterië en protosoa (kriptosporidium) te voorkom.
  • Vermy onnodige hantering van ooie en hanteer so rustig as moontlik.

Aangesien areas verskil, is dit altyd wys om jou plaaslike veearts, voedingskundige en Virbac Tegniese Verkoopsadviseur te raadpleeg om die gebruik van die regte produkte en voeding te verseker.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Verwante Produkte

Browse Plus®

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Prodose® Orange

Read more

Prodose® Red

Read more

Prodose® Yellow LA

Read more