Health Care

Score5 (1 Votes)

Hoekom dit belangrik is om ramme voor paring te ontwurm

Ontwurming van interne parasiete is noodsaaklik: hier’s hoekom, wanneer, en wat om te gebruik.



Hoekom?

Al maak ramme slegs 3% van die teelkudde uit, oefen hulle ’n groot effek op voortplanting uit, indien hulle nie ten volle gesond en gereed is vir paartyd nie. Bo en behalwe dat interneparasiete ramme se groeitempo en wolgroei inperk, asook swakheid en buikloop veroorsaak, kan hulle ook tot swak voortplantingsvermoë lei.

Afhangende van faktore soos die klimaat, seisoen en tipe weiveld, kan ontwurming van groot waarde wees. Ontwurming kan as ’n aanvullende funksie tot prikkelvoeding beskou word, siende dat dit die negatiewe effek wat interne parasiete op ramme kan hê, teenwerk (bv. bloedarmoede, gedempte eetlus, diarree, irritasie, effek van neuswurm, ens.).

Dit neem ongeveer 49 dae vir sperma om te ontwikkel. Ramme moet dus twee maande voor paartyd reeds gesond en liggaamlik in goeie kondisie wees om ’n goeie spermtelling van hoë gehalte gedurende paartyd te verseker.

Al het ons ’n koue winter gehad wat mens sal laat dink dat interne parasiete nie ’n probleem sal wees nie, is dit nie wys om kanse te vat nie. Oorwinterende larwes ontwikkel sodra omstandighede gunstig word – selfs voor larwes vanaf die weiding opgeneem word. Ramme word meestal voor paring in kleiner kampe nader aan die huis aangehou. Hierdie omstandighede kan ook bydra dat ’n parasietlading vinniger ontwikkel as wat verwag word, en sodoende ’n negatiewe effek op spermontwikkeling hê. 

Rondewurms, neuswurm en lewerslak is die belangrikste parasiete wat onder beheer gehou moet word. Rondewurms demp die eetlus en kan buikloop en/of swakheid of bloedarmoede veroorsaak, wat ramme se kondisie en spermproduksie beïnvloed. Neuswurm kan maak dat die ramme nie die ooie wat op hitte is so goed kan ruik nie, asook erge irritasie veroorsaak. Lewerslak kan belangrike lewerfunksies kniehalter – van verlaagde hormoonproduksie, tot swak proteïen- en energiesintese wat kan lei tot ’n swakker kondisie, tot verlaagde storing van spoorminerale wat vir die optimale produksie en ontwikkeling van sperma benodig word (bv. Zn, Cu, Se).

Wanneer en wat om te gebruik?

  • Ontwurm ramme ten minste twee maande voor paartyd begin met ’n middel wat die oorwinterende larfstadium van rondewurm, sowel as neuswurm in die sinusholtes sal beheer. Virbamax First Drench is ’n ideale middel om te gebruik in areas wat nie aan lewerslak blootgestel is nie, siende dat dit ’n breëspektrum van rondewurms (insluitende die oorwinterende larfstadium) sowel as neuswurm sal beheer. In gebiede wat wel aan lewerslak blootgestel is, moet ’n middel gebruik word wat hierdie parasiet ook sal beheer. Flukazole C bied die mees omvattende lewerslak registrasie, en sal ook rondewurm en melklintwurm beheer. Prodose® Orange kan as ’n alternatief teen lewerslak gebruik word, en sal ook rondewurm (met residuele werking), neuswurm en melklintwurm beheer.

  • Ontwurm ramme voor blootstelling aan die ooie met ’n middel wat nawerking teen haarwurm bied. So ’n middel kan voordelig wees, in ag genome dat mens nie die ramme (en ooie) onnodig gedurende paartyd wil hanteer nie. Behandeling, en die stres wat daarmee gepaard gaan, kan tot ’n verlaagde bevrugtingstempo lei. Beide die volgende twee opsies bied ’n nawerking van 35 dae teen haarwurm:

 

Belangrike dinge om tydens ontwurming  te onthou:

  • Gebruik ’n gepaste middel vir die taak en maak altyd seker dat dit die korrekte doseerspuit vir die produk is.
  • Lees die voubiljet of etiket aandagtig voor dosering deur en volg die instruksies noukeurig. Hou streng by die aanbevole dosis en onttrekkingsperiode, en gee aandag aan enige voorsorgmaatreëls en teenaanduidings.
  • Kalibreer die doseerspuit deur van ’n maatsilinder gebruik te maak voordat dosering begin, en herhaal die kalibrasie ná elke 200 skape. Weeg van die skape om die gepaste dosis volgens die swaarste skaap in die kudde te bepaal.
  • Te vinnige toediening kan lei tot skape wat oorgeslaan word, wat die middel uitspoeg, of wat beseer word.
  • Hou die skaap se kop gelyk (horisontaal) met een hand terwyl jy die spuit aan die kant van sy mond indruk. Plaas die punt van die doseerspuit oor die skaap se tong en druk die sneller saggies.

Siende dat gebiede verskil, word dit aanbeveel dat jy jou plaaslike veearts, voedingkundige, en Virbac Tegniese Verkoopsadviseur raadpleeg om te verseker dat die korrekte produk en voedingwyse gevolg word.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

RELATED PRODUCTS