Health Care

Score0 (0 Votes)

Kry jou ramme slaggereed vir paartyd

Spoorminerale – soos byvoorbeeld koper, mangaan, seleen, sink, en chroom – speel ’n noodsaaklike rol in biochemiese prosesse in die dier se liggaam en is ’n deurslaggewende faktor in die gesondheid, vrugbaarheid, en reproduksievermoë van ramme (Suttle, 2010). Studies toon dat die aanvulling van spoorminerale, soos seleen en sink, ’n positiewe invloed kan hê op ’n ram se spermkonsentrasie, -beweeglikheid, en -morfologie (Ghorbani et al., 2018 en Piagentini, 2017).

Spesifieke spoorminerale vervul spesifieke funksies in skaap- en bokramme:

Weidende ramme kry hoofsaaklik hul spoorminerale in deur die plantmateriaal wat hulle vreet. As gevolg grondsamestelling, voldoen hierdie bronne egter gereeld nie aan die ramme se vereistes nie (Smart et al., 1981). In sulke gevalle is dit algemeen vir produsente om die dieët van die vee met lekke of volledige rantsoene, wat gewoonlik spoorminerale bevat, aan te vul. Selfs dan kan die biologiese beskikbaarheid van spoorminerale grootliks verskil as gevolg van die chemiese vorm daarvan en interaksies met ander minerale en voedingselemente in die spysverteringskanaal (Spears, 2003).

’n Inspuitbare spoormineraalpreperaat bied die geleentheid om spoorminerale aan te vul terwyl die spysverteringskanaal heeltemal omseil word, om sodoende die gekompliseerde interaksies van die spysverteringstelsel te vermy. Verder maak ’n multi-spoormineraal inspuitbarepreperaat dit moontlik om ’n spesifieke teikenhoeveelheid spoorminerale aan individuele diere toe te dien (Arthington et al., 2014). Dit skakel die wisselvalligheid, wat met vrywillige inname van lekke of rantsoene gepaard gaan, uit (Arthington en Swenson, 2004).

Die behoefte aan spoorminerale neem ook toe gedurende belangrike gebeurtenisse soos teling. ’n Effektiewe manier om te verseker dat die optimale vlakke van spoorminerale behaal word, is om Multimin® aan ramme toe te dien voor paartyd. Navorsing dui daarop dat dit ’n positiewe effek op hul voortplantingsvermoë het.

 

Bron: Agriorbit

Die lengte van die saadvormende siklus en volledige spermatogenese speel ’n deurslaggewende rol in die tydsberekening van die behandeling. Alhoewel die lengte van die saadvormende siklus van die ram slegs 10.6 dae is, duur die volledige proses van spermatogenese (rypwording) ongeveer 47 dae. Ramme moet dus verkieslik reeds 6 – 8  weke voor teling met Multimin® behandel word om die volkome opname van spoorminerale in die spermatosoa te verseker.

Optimaliseer die vrugbaarheid van jou kudde deur seker te maak dat jou ramme slaggereed is vir paartyd – gebruik Multimin® as ’n geskeduleerde op-top inspuiting om jou ramme se spoormineraalvlakke aan te vul.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more