Health Care

Score2 (3 Votes)

Voorbereiding van Ramme vir die Paarseisoen

Ramme kry partykeer nie die nodige aandag in die aanloop tot die paarseisoen nie. Die genetiese bydrae/invloed van ramme, die koste verbonde aan die aankoop en die belangrikheid om reproduksie te optimaliseer, noop ons om seker te maak dat ramme die nodige aandag kry.

Tydigheid

Begin vroegtydig aandag aan die ramme te gee. Kondisie word nie in 2 weke reggestel nie en die ontwikkeling van sperms (spermatogenese) neem ongeveer 49 dae. Dit is dus belangrik om ten minste twee maande voor die aanvang van die paarseisoen met die voorbereiding te begin. 

Voeding

Ramme moet in ‘n goeie kondisie wees met die aanvang van die paarseisoen, sonder om te vet te wees. Oorvet ramme kan “lui” wees, moeg raak en moeilik bybly in groter en bergagtige kampe. Ramme wat by veilings aangekoop word en vir die veiling afgerond is, moet geleidelik gewig verloor voor die aanvang van die paarseisoen. Ramme wat te vining gewig verloor kan onvrugbaar raak en hul libido verloor. Produksielekke behoort genoegsaam hoekwaliteit proteien te bevat (deurvloeiproteien) om semenproduksie en testisvolume te ondersteun. Vermy die voer van rantsoene wat te veel energie bevat ter voorbereiding van die paarseisoen. Dit kan lei tot vetaansameling by die nek van die testes wat vrugbaarheid negatief kan beinvloed.  

Spoorminerale speel ‘n belangrike rol in die optimalisering van semenkwaliteit en –kwantiteit. Selfs ramme wat op ‘n goeie orale spoormineraalaanvulling is, kan baat by ‘n OP TOP inspuitbare spoormineraalaanvulling (Multimin® Se Sheep and Angora Goats). In ‘n plaaslike proef op bulle (Ferreira, 2015), is verskeie semenparameters betekenisvol verbeter met ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling. Alhoewel die proef met bulle uitgevoer is, is dieselfde beginsels van semenproduksie by ramme betrokke. Die enigste verskil is dat die paarseisoen gewoonlik korter is as by bulle en daarom moet ons seker maak dat die ramme vroegtydig gereed is vir die paarseisoen. 

Spoor Minerale vir Ramme

Inentings

Die toedien van dooie (geinaktiveerde) entstowwe moet 6 weke voor die aanvang van die paarseisoen afgehandel word. Lewende entstowwe wat koorsreaksies kan veroorsaak (bv. Bloutong) moet verkieslik ten minste 8 weke voor die paarseisoen afgehandel wees.

Skeer

By woldraende rasse is dit ook aan te beveel dat die ramme nie te lang wol (>6mnde) moet dra ten tyde van die paarseisoen nie. Die beste is om ramme 2 maande voor die paarseisoen te skeer wanneer met die ander voorbereidingsaksies begin word.

Dosering

Maak seker dat ramme parasietvry is met die voorbereiding en tydens die paarseisoen om maksimum kondisie en deklus te kan he. Ramme moet ook vry wees van neuswurm sodat hul reukvermoe nie negatief beinvloed word nie. 

Fiksheid

Ramme behoort fiks gemaak word ter voorbereiding van die paarseisoen, veral as hulle in klein kampies aangehou en gevoer word in aanloop tot die paarseisoen. Twee keer per dag se minimum van 30 minute se stap teen ‘n vinnige pas, kan baie help om ramme se fiksheid te verbeter.

Geslagsgeskiktheid

Ramme moet nie net “vrugbaar” wees nie maar wel ook geslagsgeskik. Dit behels ‘n volledige ondersoek wat die volgende behels:

  • Anatomiese geskiktheid en siektes – is die penis en testis (vorm, grootte, konsistensie, beserings ens.) normaal en funksioneel? Het die ram enige poot-/been-/gewrigsprobleme wat dit sal verhoed om suksesvol te kan dek? Het die ram dalk peestersiekte of bybalontsteking (Brucella ovis) onderlede?
  • Libido – het die ram deklus?
  • Semenkwaliteit en -kwantiteit (semendigtheid, beweging, morfologie, teenwoordigheid van witbloedselle ens.)

SM RAM campaign W2 (afr).jpg

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Related Products