Health Care

Score0 (0 Votes)

Bosluisoorgedraagde siektes: Afrika-rooiwater

 

 

Rooiwater (babesiose) is 'n belangrike bosluisoordraagbare siekte, wat ‘n groot ekonomiese impak het en veeverliese tot gevolg kan hê.

Twee tipes Rooiwater kom voor, naamlik Afrika- en Asiatiese/Europese rooiwater. Dit word slegs deur bosluise oorgedra.

 


 

Afrika-rooiwater is die wydste verspreid en kom voor in gebiede waar beide bloubosluise (R. decoloratus & R. microplus) voorkom.  Afrika-rooiwater  word deur die parasiet Babesia bigemina veroorsaak en word deur die nimf- en volwasse stadiums van die twee Bloubosluisspesies  oorgedra.

Bosluise raak besmet wanneer hulle op beeste voed wat rooiwater onderlede het of draers van die parasiete (babesiose) is. Hullle dra die besmetting deur hul eiers oor na die volgende generasie.

 

 

Simptome:

Rooiwater simptome kan waargeneem word 7-14 dae nadat die diere met die parasiet (B. bigemina) besmet is:

  • Hoë koors (40 – 41,5˚C)

  • Lig tot donkerrooi of bruin urine

  • Bloedarmoede

  • Geelsug (in gevorderde gevalle)

  • Swak eetlus, lusteloosheid, swakheid, onwilligheid om te beweeg en moontlik droë neus, dowwe pels, diarree en aborsie

 

 

Diagnose:

Kliniese tekens, soos hierbo beskryf, kan 'n aanduiding wees van die siekte, maar bevestiging van Afrika-Rooiwater sal deur 'n veearts gemaak moet word d.m.v 'n bloedsmeer.

 

 

Behandeling:

Rooiwater word sterk deur die heersende klimaatstoestande beïnvloed en uitbreke vind gewoonlik plaas in die warmer somer- en herfsmaande.

  • Indien die diere Rooiwater het, behandel hul met DIZENE CATTLE® deur  7ml/100kg te gebruik.

  • Indien  u onseker is of die dier ook anaplasmose/galsiekte  onderlede het (simptome stem grootliks ooreen), kan Terralon® LA by die behandeling gevoeg word.

  • Onthou altyd om ondersteunende behandelings soos Vitamin B Co en Rumix poeier te gebruik vir enige dier wat koors  onderlede het.

  • Beheer bosluise deur te dip. Maak gebruik van kombinasie produkte soos AMIPOR® / MULTIDIP

 

 

Met hoë bosluisuitdagings of wanneer diere na spaarkampe geskuif word:

  • Dip diere 1 x per week, vir 3 weke/ Dip volgens die 5, 5, 4 dae dipstrategie

  • Gebruik altyd kontakdipmiddels vir onmiddelike beheer: AMIPOR® / MULTIDIP

 

Kontak jou plaaslike Virbac Tegniese Verkoopsadviseur vir meer inligting rakende Rooiwater en Bosluisbeheer

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

DIZENE CATTLE®

Read more

MultiDip

Read more

Terralon® LA

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?