Veeboere moet deur die jaar op hulle hoede wees vir vroeë tekens van bosluisoorgedraagdesiektes by hul vee. Indien siek diere nie vroeg waargeneem word nie, kan groot verliese veroorsaak word deur hierdie dodelike siektes.
TERRALON LA is ‘n moderne, langwerkende oksitetrasiklien wat geregistreer is vir gebruik op beeste, skape, bokke en varke. Alhoewel dit ‘n breëspektrum bied, behoort dit spesifiek gebruik word in die behandeling van galsiekte (anaplasmose) en hartwater.
Danksy TERRALON LA se PVP draer en unieke oplosmiddels, kan u die volgende verwag:
Indien ‘n uitbreek van galsiekte of hartwater plaasvind, is Terralon LA ‘n ideale middel om groot hoeveelhede diere mee te blok om verdere vrektes in ‘n vatbare kudde te beperk.
Terralon LA is ‘n inspuitbare, breëspektrum, bakteriostatiese antibiotika beskikbaar by agribesighede en veeartse.
Indien u onseker is van u diagnose, kontak ‘n veearts voordat met behandeling begin word.
Kontak die Virbac verteenwoordiger in u area vir meer inligting.