Health Care

Score0 (0 Votes)

Bloubosluis - Rhipicephalus (Boophilus) spp.

Twee spesies kom in Suid-Afrika voor, nl. die Bloubosluis (Rhipicephalus decoloratus) en die Pantropiese Bloubosluis (Rhipicephalus microplus). Albei is van ekonomiese belang. Van die twee soorte kom die Bloubosluis wydverspreid voor en die Pantropiese Bloubosluis het 'n relatiewe beperkte verspreiding.

 Bloubosluise het kort monddele, hul pote is dun en eenvormig bleekgeel van kleur. Daar is geen kleurpatroon op die skutum of pote nie.

 


 

Lewensiklus:

Die Bloubosluis is 'n eengasheerbosluis, wat beteken  elke stadium van die bosluis [larf, nimf en volwasse stadium] kom op dieselfde gasheer voor. Beeste is die  hoofgasheer, maar hul voed ook op perde, donkies, skape, bokke en wilde diere.

Die volgesuigde bosluiswyfie [R.decoloratus] lê tussen 2000 tot 2500 eiers oor 'n tydperk van 4-6 dae. Onder ideale toestande broei die eiers binne 3 - 6 weke uit as larwes, die 1ste aktiewe stadium.

Die larfstadium heg aan die ideale gasheer, voed vir 5 - 9 dae en vervel na die volgende stadium in die lewensiklus, die Nimfstadium.

Die nimf, steeds op dieselfde gasheer, voed vir 5-9 dae, vervel na die volwasse stadium.

Die volwasse bosluise voed,  paring vind plaas en binne 7-9 dae sal die volgesuidge bosluiswyfie die gasheer verlaat om eiers te begin lê.

 


 

Aanhegtingsplekke:

Blou bosluise word aangetref op die nek, keelvel, liggaamsonderlyn, melkspieël, agterkop en bene. Tydens swaar besmettings kan bloubosluis oral op die dier gevind word behalwe onder die stert en in die voue van die ore. 



 

Siekte oordraging

Bloubosluise dra bloedparasiete, nl. B.bigemina en B.bovis wat Rooiwater by beeste veroorsaak en  A.marginale wat Anaplasmose / Galsiekte by beeste veroorsaak.


Beheer

Onder ideale omstandighede kan die lewensiklus van die Bloubosluis binne 2 maande voltooi word, wat dan kan lei tot vier generasies per jaar. Oorwinterende eiers broei in die lente uit wanneer daar ‘n styging in temperatuur is, wat beteken 'n groot aantal larwes sal op die plantegroei wees op soek na geskikte gashere. Bosluisgetalle neem in die somermaande, Januarie - April, toe wat lei tot nog hoër getalle as gevolg van die kort lewensiklus.


Dip diere strategies en gereeld om bosluisuitdagings te verminder.

  • Behandel diere vroeg in die lente om larwes en nimfe te verminder.

  • Volg op met kontakdipmiddels na die gebruik van endektosiede

Met hoë bosluisuitdagings of wanneer diere na spaarkampe geskuif word:

  • Dip diere 1 x per week, vir 3 weke/ Dip volgens die 5, 5, 4 dae dip strategie

  • Maak altyd gebruik van kontakdipmiddels: AMIPOR® / MULTIDIP

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

Eliminate

Read more

MultiDip

Read more

Virbamec® LA

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?