Health Care

Score5 (2 Votes)

BESTUURSFAKTORE VAN BELANG TER VOORBEREIDING VAN DIE KALFSEISOEN

Die laaste 8 weke voor die aanvang van die kalfseisoen is kritiese tyd. Dit het nie net ‘n invloed op die sukses van die kalfseisoen nie, maar ook op die komende dekseisoen en selfs sovêr vorentoe as speentyd!

Die volgende is ‘n paar bestuursfaktore wat in gedagte gehou moet word om die kalftyd so goed as moontlik te laat afloop:

  • Kondisie/voeding

Die kwaliteit en kwantiteit van die weiding verswak normaalweg by die dag teen die einde van die winter/vroeë lente. Oesreste begin klaar raak en weiding is uitgevreet. Spesiale aandag moet dus aan die voeding gedurende hierdie tyd gegee word. Koeie moet verkieslik in ‘n kondisiepunt van 3.5 kan kalf. 

Die voeding/kondisie van koeie voor/tydens kalwing is vir die volgende redes van kardinale belang:

  • Ontwikkeling van die ongebore kalf:
    Ons weet dat die meeste fetusgroei (75%) in die laaste twee maande van dragtigheid plaasvind. Die voeding van die koei moet die koei in staat stel om die ongebore kalf ten volle te laat ontwikkel EN die kondisie van die koei te onderhou of te laat toeneem. Dit sal die oorlewingsvermoë (lewenskragtigheid) van die kalf bevoordeel - veral tydens ongure weersomstandighede tydens geboorte. 

  • Invloed op herkonsepsie, die aantal dae tot eerste hitte na kalwing en interkalfperiode:
    Sien in Tabel 1 wat die effek van kondisietelling met kalwing is op die aantal dae voordat koeie normaalweg vir die eerste keer in siklus kom. Hoe vroeër koeie in siklus kom en bevrug raak, hoe korter is die interkalfperiode. Die ekonomiese druk is so hoog, dat die doelwit moet wees dat, selfs met ‘n beperkte teelseisoen van 63-84 dae, ‘n koei elke jaar moet kalf.  

Tabel 1: Invloed van Kondisietelling met kalf op aantal dae vanaf kalwing tot met eertse hitte (Kunkle et al, 1998)

  • Invloed op uierontwikkeling, bieskwaliteit en melkproduksie:
    Voeding in laatdragtigheid het ‘n direkte invloed op uierontwikkeling. Uierontwikkeling het weer ‘n invloed op biesmelkproduksie (kwantiteit en kwaliteit) en dus kalfoorlewing, asook melkproduksie tydens laktasie en dus speenmassa. Al drie hierdie aspekte kan nie deur goeie voedingsomstandighede na afloop van kalwing reggestel word nie!

Indien koeie dus 8 weke voor die kalfseisoen ‘n kondisiepunt van 2.5 of minder het,  moet hulle voeding drasties aangepas word - veral indien daar nog nie goeie weidings- toestande heers (kwaliteit en kwantiteit), of vooruitsigte daarvoor is nie . Die voorsiening van goeie kwaliteit hooi/kuilvoer en/of ‘n produksielek kan help om die kondisie te verbeter. Die gebruik van ‘n verteringsmodifiseerder is hoogs aan te beveel om maksimum voedingswaarde vanuit swak ruvoer te ontsluit.

  • Inentings

Entstowwe wat daarop gemik is om kalfoorlewing na geboorte te ondersteun deur die oordrag van maternale immuniteit (goeie kwaliteit bies), moet voor kalwing toegedien word. Paratifus, E coli, Rota- en Coronavirus is die mees algemene toestande wat met inenting tydens laatdragtigheid beheer kan word.

  • Parasietbeheer

Indien die koeie aan die einde van die herfs behandel is vir inwendigeparasiete behoort hulle vir eers nog reg te wees. In lewerslakareas kan lewerslakbehandeling ‘n opsie wees om te voorkom dat koeie gedurende die kalftyd behandel moet word. Koeie wat parasietvry is produseer meer melk en speen swaarder kalwers. Let veral op vir die voorkoms van luise wat aan die einde van die winter kan toeslaan wanneer die diere swaar dragtig is en onder voedingstres verkeer. Luise veroorsaak geweldige irritasie en kan die kondisie van die koeie benadeel.

  • Spoormineraal- en Vitamienaanvulling

Hierdie tyd is die mees kritiese tyd vir ‘n Op Top spoormineraal- en vitamienaanvulling by die koeie. Die volgende faktore maak van hierdie aanvulling ‘n noodsaaklikheid:

  • Die spoormineraalbehoefte van die koei styg dramaties gedurende laatdragtigheid. Die fetus is totaal van die koei afhanklik om met ‘n goeie spoormineraalstatus gebore te word.
  • Die kwaliteit van bies te optimaliseer. Spoormineraalaanvulling in laatdragtigheid kan die kwaliteit van bies verbeter, wat die kalf se immuunsisteem aan die gang sit en kalfoorlewing verbeter..
  • Om die immuunreaksie van die koei met inentings tydens laatdragtigheid te versterk. Hierdie voordeel word ook na die kalf oorgedra deur die goeie kwaliteit van die bies, soos hierbo bespreek.
  • Om seker te maak dat die koei se spoormineraalvlakke met kalwing nie te veel daal nie. Die koei staan 30% van haar spoorminerale aan die kalf af. Indien wel, loop sy die gevaar om laer immuniteit te hê wat kan lei ‘n verhoogde voorkoms van siektetoestande na kalwing soos vassit nageboortes, baarmoerderontsteking, hoër somatiese seltelling (SST) en mastitis.  

Al bogenoemde faktore noodsaak dus die gebruik van ‘n goed gebalanseerde en bewese inspuitbare spoormineraalaanvulling om enige spoormineraalgaping te oorbrug. Moet nie die gelyktydige Vit A & E aanvulling (sinergistiese aksie) vergeet nie!

  • Bestuur

  • Indien moontlik, klas die koeie volgens kondisie en pas hulle voeding dienooreenkomstig aan.
  • Werk so rustig as moontlik met swaardragtige koei om stres te verminder en kneusings of beserings tydens hantering en aborsies te voorkom.
  • Voldoende en skoon drinkwater moet te alle tye beskikbaar wees.
  • Voorsien genoeg krip/vreetspasie vir lekaanvulling sodat kompetisie verminder word.
  • Beplan die kalfkampe en maak seker dat die heinings en watervoorsiening in orde is. 
  • Indien die kalwers kruipvoer gegee gaan word, moet seker gemaak word dat die voerbakke en kruiphekke in orde is.
  • Let op vir aborsies in laatdragtigheid. Enige geaborteerde fetus behoort so spoedig moontlik na die veearts geneem te word en weg gestuur word vir ondersoek om die oorsaak te probeer vasstel.
  • Let op vir metaboliese steurnisse in laatdragtigheid bv. die voorkoms van melkkoors. 

Kontak gerus u naaste Virbac Tegniese Verkoopsadviseur vir advies oor bestuursaspekte en produkte te gebruik.

 

Kontak u Virbac Tegniese Verkoopsadviseur

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

Browse Plus®

Read more

Eliminate

Read more

Flukazole C

Read more

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more

Virbamec® L

Read more

Virbamec® LA

Read more