Health Care

Score0 (0 Votes)

Spoormineraalaanvulling en Optimale Diereproduksie

Spoormineraalwanbalanse en -tekorte  is, net soos in gewasproduksie, die oorsaak van baie probleme met betrekking tot onbevredigende diereproduksie.  Ons selekteer vir hoë-produserende diere en spandeer baie geld aan die aankoop van duur en meerderwaardige bulle, terwyl ons nie noodwendig voedingspraktyke aanpas om in kritieke tye in die produksiesiklus in die diere se hoër spoormineraalbehoeftes te voorsien nie.  Dit, terwyl SA oor die algemeen as arm aan spoorminerale geklassifiseer word, en optimale spoormineraalaanvulling nie altyd die nodige aandag kry nie.


‘n Goeie spoormineraalstatus is nodig vir optimale funksionering van diere.  Alhoewel dit in klein hoeveelhede benodig en aangevul word, is die uitwerking van spoorminerale in die dier verseker nie klein nie!  Spoorminerale speel ‘n kardinale rol in baie prosesse in die liggaam wat ‘n invloed het op reproduksie, immuniteit en produksie/groei.  Onder andere vorm dit deel van baie ensiemsisteme en voorlopers van hormone, wat hierdie funksies glad laat verloop. 


Spoorminerale kan beskou word as die “olie” in ‘n enjin wat die ratte smeer sodat dit glad kan loop en maksimimum krag kan lewer (optimale produksie). As die olie min raak (suboptimale vlakke van spoorminerale), gaan die enjin nie noodwendig dadelik tot stilstand ruk nie, maar dit gaan nie meer so lekker trek nie en brandstof verbruik verhoog (suboptimale produksie met gepaardgaande ekonomiese verliese). Eers wanner die olievlakke baie laag daal, gaan die oliedruk- en temperatuurliggies aan (kliniese tekortsimptome). Die probleem is dat wanneer die liggies aangaan, daar alreeds skade aan die enjin kan wees wat duur herstelkoste tot gevolg het (drastiese aanpassing in aanvullingsprogram en groot ekonomiese verliese). Daarom moet ons die olievlak dophou en “OP TOP” wanneer nodig (aanvulling van spoorminerale).

In figuur 1 is dit duidelik dat, in kronologiese volgorde, eers immuniteit, dan maksimum groei en vrugbaarheid en dan eers normale groei en vrugbaarheid afneem soos wat spoormineraalvlakke daal. Die laaste stadium is wanneer kliniese tekortsimptome waargeneem word. Dit is dus duidelik dat die dae lankal verby behoort te wees dat ons eers aandag aan spoormineraalaanvulling kan gee wanneer kliniese tekortsimptome waargeneem word. Ons moet probeer om selfs suboptimale vlakke sovêr moontlik voorkom om die beste uit ons diere te kry.

 


Figuur 1: Die effek van dalende spoorelementstatus op diereproduksie (Wikse, 1992)

 

Wat kos verlaagde IMMUNITEIT ons?

Heelwaarskynlik meer as wat meeste van ons besef! Immuniteit is een van daardie produksieparameters wat moeilik meetbaar en gekwantifiseer word, maar van uiterste belang is. Dit is die eerste produksieparameter wat daal met suboptimale vlakke van spoorminerale (soos aangedui in figuur 1). Die oorsaak van diere wat siek word en vrek, word gewoonlik op alle ander plekke gesoek as by onvoldoende spoormineraalvlakke!
Die kwaliteit van kolostrum word beïnvloed deur die spoormineraalstatus van die koei in laatdragtigheid. Die ontwikkeling van die kalf se immuunsisteem na geboorte, is direk afhanklik van die kwaliteit en hoeveelheid kolostrum wat die kalf direk na geboorte inneem (Sien figuur 2). Elke kalf wat nie oorleef tot speentyd nie as gevolg van ‘n swak immuunsisteem, is ‘n direkte verlies van ‘n minimum van R7,700 (220kg @ R35/kg). Dan praat ons nie eers van die indirekte verliese nie – koste verbonde aan die bul en koei om die kalf op die grond te kry. 

Figuur 2: Verbetering in biesmelkkwaliteit (IgG) na Multimin aanvulling (proef) (Ferreira, 2016)

 

Figuur 3: Effek van Multimin-aanvulling op entstofreaksie (Arthington & Havenga, 2012)

 

Elke bees wat vrek aan rooiwater/galsiekte/longontsteking weens ‘n immuumsisteem wat nie optimaal funksioneer nie – kos ons geld. Elke koei wat na kalwing behandel moet word vir ‘n vassit nageboorte of ‘n ontsteekte baarmoeder – kos geld.  Elke bees wat behandel moet word vir “vrotpootjie”, ooginfeksies, mastitis ens. verhoog produksiekoste. Wat betaal ons elke jaar aan ‘n inentingsprogram? Kry ons volle waarde vir geld gespandeer deur die beste moontlike immuunreaksie na enting? In figuur 3, kan gesien word hoe entstofreaksie (titer), verbeter wanneer ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling met inenting gegee word (bogenoemde inligting en opmerkings oor immuniteit, het glad nie ten doel om te beweer dat optimale spoormineraalvlakke alle siektes totaal sal voorkom nie). 


Wat kos suboptimale REPRODUKSIE ons? 

Ons weet dat reproduksie sekerlik díe enkele faktor is wat die grootste invloed het op winsgewende diereproduksie. Die koei het teen die tyd dat haar kalf op die grond lê, ongeveer 30% van haar spoormineraalstatus afgestaan na die kalf, die vrugwater en die nageboorte. Hoe hoër haar spoormineraalstatus in laatdragtigheid, hoe beter kan die spoormineraalstatus van die kalf wees met geboorte en hoe vinniger kan die koei na geboorte herstel om weer in siklus te kom. 
Elke vers/koei wat nie kalf nie, is ‘n dooie verlies. Baie keer raak koeie dragtig maar resorpsie vind plaas en die koei kom weer op hitte. Dit lei tot verlengde interkalfperiodes en koeie wat oorslaan. Vir elke dag wat ‘n kalf later in die kalfseisoen gebore word, weeg dit met speentyd 1 tot 1.5kg ligter! Met optimale spoormineraalstatus (en kondisie natuurlik as die belangrikste voorvereiste), kom koeie vinniger na kalwing op hitte en is die kwaliteit en hoeveelheid semen van bulle optimaal – minder dekkings per dragtigheid en meer kalwers vroeër in die kalfseisoen (sien figuur 4). Spoormineraalaanvulling alleen kan nie wonderwerke verrig nie, maar daar is bewyse dat dit selfs onder ongunstige toestande ‘n positiewe bydrae tot verbeterde reproduksie kan maak (sien figuur 5).

 

Figuur 4: Effek van Multimin aanvulling op konsepsie en kalfverspreiding (Mundell et al, 2012)

 

Figuur 5: Effek van Multimin op kalfpersentasie

 

Wat kos verlaagde PRODUKSIE/GROEI ons?

Ons weet dat jong groeiende diere die hoogste behoefte aan spoorminerale het. Ons weet ook dat melk ‘n relatief swak bron van spoorminerale is. Die koper- en sinklewerstatus van kalwers neem na afloop van geboorte vinnig af. In figuur 6, is dit duidelik dat selfs kalwers wat met ‘n goeie status gebore word, se koper- en sinkvlakke met 74% binne die eerste 56 dae na geboorte daal. Koper hou aan om selfs daarna nog verder te daal. Indien kalwers nie met ‘n goeie status gebore word nie (koeie nie tydens laatdragtigheid goed aangevul nie), kan ‘n mens verwag dat kalwers vinnig in ‘n lae spoormineraalstatus kan verval, Dit kan ‘n negatiewe invloed op immuniteit (bv. diarree) hê en kalwers kan swakker groei (laer speenmassa). Koper is baie belangrik om die integriteit van die dermwand instand te hou en sink speel ‘n rol by eetlus en vinnig verdelende selle (groei).

 

Figuur 6: Koper- en sinkvlakke in kalf se lewer (Barnum J, 1990)
 

 


Figuur 7: Effek van Multimin-aanvulling op die groei van verse (Virbac Australia – data op lêer)

 

Aanvulling van voerkraalkalwers het nie net die voorkoms van siektes verlaag nie, maar ook die groei, oogspieroppervlakte en die uitslagpersentasie verbeter (Genther & Hansen, 2014b).

 

TIPES AANVULLING

Spoorminerale word as ‘n reël in die meeste kommersieel beskikbare lekke en volvoere ingesluit. Hierdie is noodsaaklik om in die alledaagse en basiese behoefte van die dier te voorsien. Dit is belangrik om te onthou dat spoormineraalbehoeftes van diere nie konstant is nie, maar wissel volgens ouderdom (jong diere het ‘n hoër behoefte) en produksiestadium (bv. dragtigheid, laktasie, speen, ander strestoestande ens.). Op hierdie kritiese tye in die produksiesiklus kan dit gebeur dat die inname van spoorminerale deur middel van die weiding en lekaanvullings nie in die dier se verhoogde behoeftes kan voorsien nie – veral as die algemene status van die dier suboptimaal is.

 
Die variasie in lekinname tussen diere vererger die probleem van onvoldoende inname. Dominansie in die trop, onvoldoende lekbakspasie en ongereelde lekvoorsiening dra verder by tot wisselvallige en/of onvoldoende inname. Daarby, kan antagoniste in die water, grond en weiding (veral kalsium, swael & yster – sien figuur 7), die opneembaarheid van die spoorminerale wat wel ingeneem word negatief beïnvloed.  Die antagoniste “bind” die spoorelemente en verlaag die absorpsie daarvan in die spysverteringskanaal. Sekere voermengsels bevat organiese spoorminerale of ‘n kombinasie van organiese en anorganiese spoorminerale om die biobeskibaarheid te verhoog.

 
Die sekerste manier om al die moontlike nadele verbonde aan orale aanvulling te oorkom, is om gebruik te maak van ‘n gebalanseerde, inspuitbare spoormineraalkombinasieproduk soos MULTIMIN®, as ‘n “OP TOP” aanvulling voor kritiese tye. Dit is ‘n sekere en tydige metode om antagonisme en varieërende inname tydens hierdie periodes van hoë spoormineraalbehoefte te oorkom.  Inspuitbare spoorminerale word binne ure via die bloedstroom, vanaf die inspuitplek na die lewer vervoer, waar dit geberg word. Die opname daarvan word glad nie deur die antagoniste in die spysverteringskanaal beïnvloed nie. Vandaar Virbac se aanbeveling van ‘n “tweebeen” aanvullingstrategie.


Dit word sterk aanbeveel dat Vit A & Vit E saam met elke Multimin aanvulling gegee word. Vitamien A werk sinergisties (ondersteun) die werking van sink en vitamien E ondersteun die werking van selenium. Die hoeveelheid vitamien A & E moet egter in voldoende hoeveelhede wees om ‘n sinvolle bydrae te maak en behoort apart toegedien te word vir die beste resultate. 

 

VOORGESTELDE MULTIMIN AANVULLINGSPROGRAM

Bulle: 90 dae voor aanvang van dekseisoen en weer met aanvang van dekseisoen. (Alternatiewelik kan bulle elke 4 maande aangevul word). Gebruik Multimin + Se + Cu Cattle (1ml/100kg).

Koeie: 4-6 weke voor kalf en weer 4 weke voor die aanvang van die dekseisoen of KI. Gebruik Multimin + Se + Cu + Cr Cattle teen 1ml/100kg.

Suipkalwers: 2 tot 3 maande ouderdom (Multimin + Se + Cu + Cr Cattle teen 1ml/50kg) en weer met of verkieslik 4 weke voor speen (1ml/75kg). Indien koeie nie voor kalwing behandel is nie of baie probleme met diarree in pasgebore kalwers ervaar word, kan kalwers in week 1 na geboorte ‘n aanvulling kry (1ml/50kg)

Vervangingsverse/bulle: elke 3 maande naspeen tot en met wanneer hulle by die koeie/bulle se program inval (Multimin + Se + Cu + Cr Cattle teen 1ml/75kg)

MULTIMIN bevat die belangrikste spoorminerale in ‘n gebalanseerde, weefselvriendelike en hoogs biobeskikbare formulasie: Zn, Mn en Cu (EDTA gecheleerd), natriumseleniet (wat dadelik na toediening in funksionele proteïene ingebou word en dadelik beskikbaar is om ensiemfunksies in die periode van hoë behoefte te ondersteun), asook chroom (veral vir vroulike en jong groeiende diere).
Vir meer inligting oor VIRBAC se “OP-TOP” konsep met MULTIMIN, asook die regte keuse van produk vir elke situasie, kontak u naaste Virbac Tegniese Verkoopsadviseur.
 

Verwysings:

Arthington J, Havenga L (2012). Effect of injectable trace minerals on the humoral immune response to multivalent vaccine administration in beef calves. Journal of Animal Science 90, 1966-1971

Barnum, Jay Christopher (1999). “Impact of Prenatal Dietary Copper Level on Copper status.” Submitted to the office of graduate studies of Texas A&M University. May 1999.

Ferreira GM (2016). Multimin CPD

Genther ON, Hansen SL (2014b). Effect of dietary trace mineral supplementation and a multi-element trace mineral injection on shipping response and growth performance on beef cattle. Journal of Animal Science 92, 695-704. Doi:10.2527/jas.2013-7066. Mundell et al, 2012. Effects of prepartum and postpartum bolus injections of trace minerals on performance of beef cows and calves grazing native range.

The Professional Animal Scientist 28, 82-88. http://krex.k-state.edu/dspace/handle/2097/13567.

Watts D (1990). Nutrient Interrelationships. Journal of Orthomolecular Medicine 5, 11-19. http://m.traceelements.com/Docs/Nutrient Interrelationships-Minerals-Vitamins-Endocrines.pdf.

Wikse S (1992). Beef Cattle short course. In “Texas A&M Vet. Beef Cattle Short Course”, College Station, Tx, USA. (Texas A&M University: College Station, TX, USA)

 

60092312AR

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more