Health Care

Score0 (0 Votes)

Bosluisoorgedraagde siektes: Hartwater

 

Hartwater is ‘n bosluisoordraagbare siekte wat reuse verliese as gevolg van vrektes veroorsaak in vee. 






 

Die inkubasieperiode kan wissel van 9 tot 35 dae met ‘n gemiddeld van 18 dae,  vandat die hartwaterbosluis (bontbosluis) aanheg en vasbyt aan die dier totdat simptome waargeneem word 

Die hartwaterparasiet kan deur draers wat nie siektetekens toon nie oorgedra word. Die draers kan beeste wees wat reeds herstel het van die siekte. Wildsbokke, tarentale en hase is ander voorbeelde van draers.

Kalwers het weerstand vir ‘n maand na geboorte.

Die siekte kan verskillend manifesteer bv. in sommige gevalle kom vrektes voor sonder dat ander simptome gesien word; soms is daar senuweesimptome, met of sonder maagwerkings; koors, met ligte senuweesimptome of soms net vinnige asemhaling. Die senuweesimptome kan wissel van lusteloosheid, hoë trap bewegings, kou bewegings en die kop wat gedruk word teen voorwerpe.

 

Die Ehrlicia ruminantium parasiet veroorsaak dat bloedvatwande meer deurlaatbaar raak, en plasma (vog met proteïene) lek uit die bloedvate. Dit lei dan tot vogaansameling in weefsel en rondom organe soos in die hartsak. 
Met nadoodse ondersoek, sal daar vloeistof gesien word wat saampoel om die hart, in die borskas en binne in die longe. Op ‘n breinsmeer sal die organisme sigbaar wees in die bloedvate. 

Om hartwater te beheer moet die bontbosluis beheer word. Pensdip met ‘n wateroplosbare dipstof kan weekliks gebruik word indien nuwe diere ingebring word na ‘n hartwater gebied toe. Daarna kan daar elke 2-3 weke gedip word. Diere moet blootstelling aan die parasiet kry om ‘n endemiese stabiele situasie te kan vestig. 

Indien diere enige tekens van siekte toon moet behandeling met ‘n Oksitetrasiklien so vinnig as moontlik toegedien word. Kortwerkende oksitetrasiklien kan binne-aars toegedien word. Langwerkende oksitetrasiklien kan binne-spiers toegedien word, soos aangedui op die voubiljet. Gebruik ‘n goeie oksitetrasiklien produk wat vinnig terapeutiese vlakke behaal bv. Terralon LA (G2676). 

 

Diere kan geênt word met ‘n bloedentstof wat deur jou veearts toegedien kan word en wat opgevolg word met ‘n Oksitetrasiklien behandeling wanneer ‘n koorsreaksie waargeneem word.

Diere kan ook behandel word om hartwater te blok. Hier word ‘n langwerkende Oksitetrasiklien gebruik, so gereeld as elke 14-18 dae, om seker te maak dat hulle blootgestel word aan die parasiet, en dan behandel word. 






60092301HF

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

MultiDip

Read more

Obermycin™ 125

Read more

Terralon® LA

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?