B2C Page banner  for article 1680*300px - 5
Health Care

Score0 (0 Votes)

SKAAPBESTUUR - VOORPAAR: Entings

Hierdie is artikel 4 van 7 oor hierdie onderwerp

CONCEPTION TO CONSUMPTION - ‘N PROGRAM BENADERING

Daar moet reeds lank voor die aanvang van die paarseisoen begin word met die entings, aangesien daar verkieslik nie meer as drie dooie, of twee dooie en een lewendige entstof tesame toegedien moet word nie. ‘n Ideale tydsverloop tussen die entings is ‘n minimum van 14-21 dae wanneer entstowee nie gelyktydig toegedien kan word nie (sien elke entstof se “gebruiksaanwysings” vir besonderhede)


Ramme

Die laaste inenetings behoort nie korter as 60 dae voor die aanvang van die paarseisoen plaas te vind nie - veral nie indien dit “lewende” entstowwe is wat moontlik ‘n koorsreaksie tot gevolg kan hê nie. Koors kan ‘n negatiewe invloed op spermontwikkeling en/of -oorlewing hê. Wees veral versigtig met die gebruik van die lewendige OBP Bloutong entstof.



Ooie

Entstowwe wat gedurende hierdie tyd gegee kan word, sal hoofsaaklik konsentreer rondom “lewende” entstowwe wat nie op dragtige ooie toegdien kan word nie, of om resorpsies van embrio's en aborsies te voorkom. 

By versnelde lamstelsels waar ooie binne 90-100 dae na lam weer gepaar word, is die “vensterperiode” vir die toediening van “lewende” entstowwe eintlik baie klein, aangesien enting:

  • nie korter as ‘n maand na lam gedoen moet word nie (immuunrespons nie optimaal nie) en

  • nie korter as ‘n maand voor paar gedoen moet word nie (moontlike koorsreaksie)

Entstowwe wat tipies in hierdie tyd toegedien word is:

  • Ensoötiese aborsie (Chlamidia) - wat voorpaar toegedien moet word om effektief te wees.

  • ‘n Multiklostridiale entstof (met of sonder ‘n longverwante fraksie - pasteurella ens.)

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?