B2C Page banner  for article 1680*300px - 6
Health Care

Score0 (0 Votes)

SKAAPBESTUUR - VOORPAAR: Spoormineraalaanvulling

Hierdie is artikel 5 van 7 oor hierdie onderwerp

CONCEPTION TO CONSUMPTION - ‘N PROGRAM BENADERING

Die belangrike rol van spoorminerale in optimale diereproduksie word al meer duidelik. Alhoewel spoorminerale in klein hoeveelhede benodig word het hulle ‘n groot uitwerking op vele liggaamsfunksies. Hulle vorm ‘n intergrale deel van ensiemsisteme wat ‘n legio funksies in die diere se liggaam het. Een van die belangrikste funksies van hierdie ensieme is om oksidatiewe stres sovêr moontlik te beperk/voorkom. Oksidatiewe stres kom voor wanneer daar ‘n wanbalans is tussen oksidatiewe suurstofspesies/vryradikale (wat ‘n natuurlike proses is en sekere voordele/funksies het) en die antioksidantsisteem (wat oortollige vryradikale moet neutraliseer). ‘n 2-Been benadering tot spoormineraalaanvulling werk die beste: daaglikse orale aanvulling dmv lekke (daaglikse onderhoud) en dan dmv ‘n inspuitbare aanvulling op ‘n spesifieke tyd, om vlakke so te verhoog dat enige moontlikheid van ‘n spoormineraalgaping in fisiologies belangrike tye voorkom kan word. 

 

Ramme

Spoormineraal- en vitamienaanvulling is krities om die kwaliteit en kwantiteit van die semen te optimaliseer. Sperm neem ongeveer 50 dae om te ontwikkel tot volwassenheid.  Dus is ‘n inspuitbare spoormineraalaanvulling 12-8 weke voor die aanvang van die paarseisoen baie belangrik. Bo en behalwe die spoormineraalinname deur middel van lekke/rantsoene, word ‘n OP TOP inspuitbare spoormineraalaanvulling (Multimin® + Se Sheep and Angora Goats of Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats) nou aanbeveel. (‘n Plaaslike bulsemenproef het duidelik gewys op die voordeel wat Multimin aanvulling op verskeie semenparameters kan hê. Alhoewel ons nie proewe het wat spesifiek op ramme gedoen is nie, kan ons met redelike sekerheid aanneem dat ‘n soortgelyke effek by ramme verkry sal word).

Die gelyktydige dosering van OptiBoost sal onder andere ‘n hele reeks van vitamiene en aminosure voorsien wat voordelig vir spermontwikkeling kan wees. Die aanvulling van Ocean Gold (visolie wat hoog in Vit A is) en/of koringkiemolie kan ook gebruik word om die vrugbaarheid van ramme te optimaliseer.

 

Ooie

Naas die voorlam spoormineraal- en vitamienaanvulling, is die voorpaar aanvulling ook ‘n baie belangrike OP TOP aanvulling vir die ooie. Die ooi verloor tydens lam ongeveer ‘n derde van haar spoormineraalreserwes deur middel van die lam, die plasenta en die vrugwater. Hoe gouer hierdie reserwes weer aangevul kan word, hoe gouer sal die ooi weer instaat wees om op hitte te kom en ‘n vatbare eisel vir suksesvolle bevrugting af te skei. Dit is veral van toepassing by versnelde lamstelsels waar die ooie minder tyd het om te herstel nadat die ooie gelam het. Hierdie aanvulling kan daartoe lei dat:

  • die konsepsiesyfer verbeter

    • suksesvolle bevrugting vind plaas

    • minder embrionale resorpsies wat plaasvind en 

    • minder ooie wat nie beset raak in ‘n beperkte paarseisoen nie

  • meer ooie vroeër in die paarseisoen beset raak. Dit lei daartoe dat die lamseisoen meer kompak is (verkort) - maw meer ooie lam in die 1ste siklus

  • meer lammers vroeër in die lamseisoen gebore word - lei tot:

    • swaarder lammers met speen (300g tot 400g per dag wat ‘n lam vroeër gebore word), wat meer inkomste beteken,

    • vergemaklik bestuur deurdat lammers meer eenvormig is 

    • verminder die variasie tussen lammers met speentyd - kan beter prys beding

  • versterking van entstofreaksie - 

 

Die ideale tyd vir hierdie aanvulling (Multimin® + Se Sheep and Angora Goats of Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats) is 4-6 weke voor die aanvang van die paarseisoen. Die gelyktydige dosering van OptiBoost sal onder andere, ‘n hele reeks van vitamiene en aminosure voorsien. Indien inentings/dosering hierdie tyd plaasvind, kan die aksies gekombineer word om hantering te verminder. 

 

OptiLumen Sheep and Goats kan as alternatief gebruik word, veral as ooie se kondisie nie na wense is nie. OptiLumen bevat benewens spoorminerale ook aminosure en vitamiene wat voordelig kan wees in die strewe na optimale reproduksie.

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se + Cu Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more

OptiLumen Sheep and Goats

Read more

OptiLumen Sheep and Goats + Cu

Read more

OptiBoost

Read more